Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 May 2026

Hein Viljoen. Water en vroue

 

Water en vroue

 

hoekom is die digters tog so

behep met water en vroue?

ʼn glimlag soos koel water oor ʼn klip

ʼn laaste kuil van stilte tussen riet

 

kyk, jy’s allesbehalwe water

jy’s lyf en bloed en warmte en asem

jou rug waaroor ek stadig streel

die sagte warmte van jou mond

jy wat na jou asem snak

 

hulle bly seker terugverlang na die nat

donker warmte van die baarmoeder

naby die sussende hartklop

waarteen jy later begin skop

die noute waaruit jy moet ontsnap

huilend en swak en later sit-sit en kruip-kruip

op krommerige bene wankelrig aanstap

en later vol selfvertroue uithardloop in die wind

losgesny van die naelstring wat jou aan haar bind

 

dalk bly hulle die see in vroue sien, ongedurig

aan die beweeg, elke dag anders, kalm en blou

en dan weer grys, vol wit maanhaar opgejaag deur die wind

kil bries en klam soutreuk wat deur hulle neuse sliert

 

jy is die geur van water en klip,

ryk mos, souterig en vrugbaar

dit ruik na nuwe lewe

 

© Hein Viljoen, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hein Viljoen. Sy’t weggegaan

1e kommentaar op “Hein Viljoen. Water en vroue”

  1. Bernard Odendaal says:
    17 May 2026 at 10:55

    ‘n Treffende vlerksleepgedig – al moet hy nou aan die nat kant wees!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d