Sy’t weggegaan
die spieëlkas ontbeer die gewig van ’n haarrekkie,
die haarborsel, oor die tafeltjie langs die bed,
oor die wit waterkring, speel ʼn spookagtige
stillewe van selfoonlaaier, tweezer, handeroom,
botteltjie parfuum, donkerbril, tissues. geen skoen
voor die kas uitgeskop, geen onderklere oor die stoel
die mure wag nie meer dat sy die lig roer,
haar parfuum met die lug meng nie, die ruite
asemloos op die rinkeling van haar lag
westerlig klodder om die leegte soos grys mis
© Hein Viljoen, 2026

Roerend.