Klikkletse en Stoepkuiers
op leerbanke
in die grootskaalse taalmodel lokaal praat ons Digi-taal
haal ons globaal stief
denke en strekkings aan
kuier ook kollektief
op kletsplatforms
waar ons weer
ouwêrelds
probeer
stoepkuier
© Margaret Cordier-Biermann, 2026
