Dit storm op Sneeuwitjie se glasdak exhaust
“Syspieël, spieël sy, boom val in die weer.. Wie
is mees nietig om soos menstak te verteer?”
die wreedaard skuil geniepsig dood
soos ‘n woordvoer kalander aan die pyp
gorrel rook sy siedaar al sink-
ent en soebat in ‘n krummelklep klep klep
die kwêvoël klinkerkroos en kraai en krap en karringliedsluis en ons
(stap in die pad)
(sien sy ons geen)
(genade? ‘n rinkink appel aan die syspieël)
(beweeg)
aardskudding 8.3 op die waarsienskip na
(hede)
sluimer sy diep in die wraksug sug ons
(sê sy)
fraai fraai die wortelboom… ontsluit soos tonge teug-teug skort ‘n warreltaal ‘n mens ‘n
platvalgebit ‘n emmer ‘n slop ‘n skop ‘n salig—
(roep roep)
hoes my ‘n hoephoep op my glasdakgraf
(gebid het ek, het ek gebid)
die pyprookkalander herbrand my
kledingskloue vas, vas aan glasveseltapes
skif, skif soos ‘n sondebokwals (loop lê)
maar die wreedaard skuil in die dag-
lig
(vlam)
al brullend
soos ‘n kweekgasglim van maanhaar. Rys, en briesie-
flou
oor die wrakskuim nietig vir die wind te
aanskou
(slaap nou)
© J.M. Goedhart, 2026
[Gedig tema: sprokie-“remix”]
