Stilstuipe in die Marianatrog
die maalgolgare voer die vloed verstar
verwar en heen en delf en blitsig kwik
omstroom soos ‘n dief-duiker, opsoek
na smeltsterre in die oerknal-
skaaf
na sink na gat na gleuwe in die harsingsonthul, diep
verstryk, soos spelonketakke, verwilderd van lug
van lewe (litte kwyn)
tot een, tot een, tot nege-traan en ontwater-agt
die gaartollenaarskus kus vroom die kommer, die kommer
die kommer nou aan kom soos ‘n vlamskipasem, seil aan sak
aan sak
aan sak
(blusgeblaas)
© J.M. Goedhart, 2026
