Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 2026

Koos de Wet. NP: RIV

 

NP: RIV

’n Alleenspraak om wyse raad uit die poёsie en lewe van N.P. Van Wyk-Louw met die herdenking van sy eenhonderd-en-twintigste verjaarsdag te ontgin

 

I

Jou ewige onvoltooiing

(oor die Roggeveld gespan)

kaal in ’n halwe kring

in alleenspraak naak voor God en leser

het jou beitel ons taal

ondenkbaar hoёr laat styg

(’n Sipres uit Sutherland ge-toring)

jou tyd myle vooruit.

 

II

Sal jy met my praat, alleen

(ster met klip op Gunsfontein)

oor intertekstualiteit

wat jy so helder modelleer?

Mag ek in ’n De Lange ge-bieg jou vra:

oor die duiwel se gelag (aleer jou rek

oor die plaasdam skiet), want inter teks

sien mens hom (soms) nie meer raak nie;

in pros & cons dra woorde in jou karoo

die sonsondergange soos kleur & stof

vir Wytze op ’n  Ars poetica-pad, en bespie ek

die slymerigheid van ons histories-

en geweefde denke wat uit die ongevormde literatuur

ondeurdag déúr-praat:

 

III

Miskien sou jy uitbars van die lag, oor bekkens

boude en torso’s walg,  of dalk die verse

waar reёls ongeredigeer in kele stamp

kompaan wou wreek.

(maar nie so ritmies soos ’n pomp by jou dam nie).

 

IV

Hoe aanvaar mens intertekstuele banaliteit wat

in/as palinodes manifesteer?

Wat sou Heloise vandag vir Abelárd sê of andersom?

Sou dié twee binne jou grense, walglike woorde duister noem?

Kan ek dalk (buite konteks) jou reёl as korrek aanvaar:

Net eenmaal kan mens iets so volmaak soos die ewigheid van ’n gedig ervaar?

Alternatiewelik (binne konteks) Hambidge se twee paar oё wat een sou word?

 

V

Soos Anna Neethling-Pohl wil ek op jou versoek nie hulde bring nie; weet net:

Vannag in hierdie helder stilte dink ek alweer aan jou; en al is jy

eenhonderd-en-twintig oud, vernuwe jy nóg –

 

VI

N.P. asseblief, rus in hemelsnaam in vrede:

Jou nalating is volbring, of hoe?                                                      

 

© Koos de Wet, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Koos de Wet. In arte coniungere
Koos de Wet. Houtkappers →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai

Nuutste kommentaar

  1. Dr PS Swathe on Margaret Cordier-Biermann. Soom22 October 2026

    Ja nee ne

  2. Dr PS Swathe on Marius Crous. Vier gedigte22 October 2026

    Paar swak reels aanmekaar gekak.

  3. Dr PS Swathe on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Die resensie plaas nie 'n enkele goeie gedig nie. Die bundel is hopelik beter as alledaags.

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Nou ja toe. Vragie: Is hierdie gedigte werklik so 'centre aligned ' geskryf? Wow, dis dapper. Of nie. En 'n…

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d