Foto van hawe
(‘n Lae Lande-dagdroom)
Jy van wie die beelde dof rus
op die passaat tussen nou
en ons soet geskiedenis,
neem my deur die jare terug
deur dae so vol jonk en rou
waarin ons die rand verken.
Gedagtes strek, eens gekaap,
na die Nieuwe Maas, so verwen.
Die ruim bied ‘n stil afspraak
waarvoor ek, verlore stommerik
eens langs jou, hier alleen aansit.
Die oomblik bied bitter seëning.
Jy wat so by spoke spook,
jy word my Rötterdӓmmerung.
© Jaco Fouché, 2026
