Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 July 2026

Anton Döckel. Klipskerwe

 

Klipskerwe

 

Sutherland

Rôeveld

soutlekke vir Louw-spirasie

 

As die sterre sneeu

sprinkel in die donker dag

is dit Sutherland

 

sprinkels sterresneeu

val uit die donker hemel

Sutherland vonkel

*

daar’s ‘n duiwel in die puts

hoor hoe  gorrel sy lag –

kind, netnou duiwel jy in

*

skilpad lê  penskant bo

pootjies krabbel hemel toe

die swart hond sal vatplek kom kry

*

renosterbos droog uit

laat ons vuur aanslaan

en jou harpuis ruik

*

die gompou trap sedig

soos ‘n slippedraer

en rooijakkals tjau klaaglied

*

van die Rôeveld af sien jy oor die rand

van die wêreld, kyk daar is nog

Tankwa, Hantam, Boesmanland

op die handpalm Karoo

*

kalkoentjie trap al  so, al so

dans lat die stof skuim staan

my hart is aan jou  ge-blo’

*

ag was ek maar dood

was die pyn in my hart nie so groot

soos die gat waarin ek moet lê

te vas om my uit die kluite te grou

en hom weer te loop moer

*

kliprante en bossies op vlaktes

en ringmure meesterik geplak

met

skrefies waar geitjies klip-glip speel

 

© Anton Döckel,  2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Anton Döckel. Klipskerwe”

  1. Bernard Odendaal says:
    6 July 2026 at 20:23

    Treffend, Anton.

    Reply
  2. Marieta McGrath says:
    6 July 2026 at 15:27

    Mooi.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d