Marianne de Jong
RIV
Tussen twee pole het jy immer
beweeg: emosioneel kwes-
baar intellektueel ónversetlik
oor Adorno, Levinas, onder meer.
Tussen Duits en Engels, veral
jou skerp uitgelaat, geteoretiseer
oor die verisimilitude van plek
en tyd en karakters in Coetzee.
Onmisbaar was jou rol oor
onderdrukking, veral vroue
én al die Lucy’s van ons lewe,
‘n Age of iron ontmasker.
Ek onthou ‘n aand in Kalkbaai,
jare, jare terug toe Jeanne Goosen,
op ‘n klavier, jou begelei en jy sing:
Surabaya Johnny soos Lotte Lenya.
Of was dit dalk Mack the Knife?
Dit was wél Weill en Brecht …
Jeanne is nie meer hier nie, Phil
ook weg in jul Drie pennie opera.
Ein Irrtum? Ich weiss nicht mehr.
© Joan Hambidge, 2006
