Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 August 2026

Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn

 

I

Hierdie volgende uitmuntende gedig staan opgeteken in Verwikkelde lyn (1983):

 

Teesuiker

‘n Gedig kom nie altyd soos die wind op nie.

Soms moet dit gehaal, gesoek word,

oopgedink word uit ‘n enkele suinige gegewe,

soos die uitpluis, fyn en geduldig,

van ‘n digte sykokon of sommer ‘n bolletjie wol.

Óf daar is die aangroei-metode: as kinders,

toe Ouma vertel het van hoe hulle teesuiker maak,

het ons in flessies versuikerde water, pragtig pienk

gekleur met cochenille, garingdrade laat hang

en dan gewag – en o hoe moeilik wag ‘n kind: dit

sou glo dae duur! – tot eindelik die bly resultaat:

elke draad van bo tot onder en dikker as jou vinger

‘n pienk kolommetjie hoekige blink kristalle!

Dis nou die “haal”-gedig, die soort wat bereik word

soos Eliot sê, deur “expansion and accretion”.

Heelpad-maak is dit nooit: êrens tydens die prosedure

neem misterie oor, kry die ding asof hy beginne

lewe onder jou hand, sy eie loop en arriveer hy

dikwels glad nie waar jy gewil of verwag het nie –

Uitpluis of wag op kristalle, die digter is

die dader nie, hoogstens ‘n gunstige omstandigheid,

‘n óm-stáán letterlik, ‘n soort gerigte wag, ‘n gunstige

tót begunstigde aandag, of in die geval

van die ander, die wind-plotselinge eersgenoemde,

weinig meer as ‘n anus verbaas deur ‘n goddelike poep.

 

*

Cochenille (commonly spelled cochineal in English) is a natural crimson-red dye made from the dried, crushed bodies of female scale insects (Dactylopius coccus) that feed on cactus plants. Also sprach die internet.

Die verwysing na T.S. Eliot is uiteraard relevant vir die begryp van hierdie teks. Cussons verwys hier na Eliot se bekende essay oor William Blake met sy argument dat ‘n gedig opgebou word op verskillende vlakke:

“A great poet has an idea (a feeling, an image), he develops it by accretion or expansion, alters his verse often, and hesitates often over the final choice …” teenoor die siening dat ‘n gedig net inspirasie is. Hierdie beroemde essay is opgeneem in The sacred wood (1920).

“Immature poets imitate, mature poets steal”, is ‘n ander stelling, dikwels verkeerd verstaan van Eliot in die essay oor Philip Massinger.

Só beskou word die verwysing na Eliot ook ‘n implisiete gesprek met William Blake, ‘n digter van die metafisika én ‘n tegniese meester. Sy gedigte ontstem en betrap die leser dikwels onverwags.

 

William Blake

 

En Blake, soos Cussons, is ook bekend om tekenkuns.

Blake (1757 – 1827) word deur Camille Paglia tipeer as ‘n brutale visionêre figuur en volgens haar is hy nie ‘n “gentle mystic” nie.

Die misterie in Cussons se gedig verwys na die misitieke dimensie en Blake wat visioene gesien het.

Oor Blake is daar die biografie van Peter Ackroyd wat in 1995 verskyn het. Dit beslaan meer as 400 bladsye.

Paglia vereer hom met twee gedigte in haar bloemlesing Break blow burn.

Sy wys op Blake se politieke bewussyn en uiteraard is hierdie klassieke vers opgeneem:

 

London

 

I wander thro’ each charter’d street,

Near where the charter’d Thames does flow.

And mark in every face I meet

Marks of weakness, marks of woe.

 

In every cry of every Man,

In every Infants cry of fear,

In every voice: in every ban,

The mind-forg’d manacles I hear

 

How the Chimney-sweepers cry

Every blackning Church appalls,

And the hapless Soldiers sigh

Runs in blood down Palace walls

 

But most thro’ midnight streets I hear

How the youthful Harlots curse

Blasts the new-born Infants tear

And blights with plagues the Marriage hearse

 

https://www.poetryfoundation.org/poems/43673/london-56d222777e969 Besoek 16 Augustus 2026

 

Woorde wat weeg:

Camille Paglia – Break, Blow, Burn (2005)

 

II

Die Sheila Cussons gedig word ‘n ars poetica wat voor die leser se oë uitkristalliseer.

Eweneens ‘n antwoord op Van Wyk Louw se beroemde ars poetica XXXVIII:

 

Uit die gevormde literatuur

is nooit weer poësie te maak nie …

(Tristia, 1962).

 

En Cussons skryf teen Louw in:

 

Uitpluis of wag op kristalle, die digter is

die dader nie, hoogstens ‘n gunstige omstandigheid,

‘n óm-stáán letterlik, ‘n soort gerigte wag, ‘n gunstige

tót begunstigde aandag, of in die geval

van die ander, die wind-plotselinge eersgenoemde,

weinig meer as ‘n anus verbaas deur ‘n goddelike poep.

 

Dalk ook ‘n verwysing na hierdie een van Louw:

 

Opskrif vir gaste in ‘n klooster

Wees in jou eensaam oomblik nog

van hierdie gasvry wens bewus

vir elke kramp – sy leniging;

vir alle bose winde – rus;

 

vir die wat traag en langsaam is:

die snelheid van die storm;

en vir die gans-oorhaastiges:

meer vastigheid en vorm.

 

https://www.facebook.com/NPvanWykLouw/photos/hierdie-gedig-uit-nuwe-verse-1954-is-geskryf-om-in-n-toilet-te-hang-/1033806450017565/  Besoek 16 Augustus 2026

 

Inderdaad alles netjies verpak in hierdie gedig.

 

Joan Hambidge

Kaapstad

16 Augustus 2026

 

Bronne:

 Ackroyd, Peter. 1995. Blake: A biography. Londen: Random House.

Eliot, T.S. 1920. The sacred wood. Londen: Methuen & Co.

Paglia, Camille. 2005. Break blow burn. New York: Pantheon.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Eerste sneeu
Joan Hambidge. Marianne de Jong →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn”

  1. Versindaba says:
    17 August 2026 at 16:56

    Marlies Taljard:
    Johann se Lange het destyds in “Kaapse Paragrawe” soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat Phil du Plessis met haar gevoer het.
    https://johanndelange.blogspot.com/2010/04/vrugbare-ongedurigheid.html

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d