I
Hierdie volgende uitmuntende gedig staan opgeteken in Verwikkelde lyn (1983):
Teesuiker
‘n Gedig kom nie altyd soos die wind op nie.
Soms moet dit gehaal, gesoek word,
oopgedink word uit ‘n enkele suinige gegewe,
soos die uitpluis, fyn en geduldig,
van ‘n digte sykokon of sommer ‘n bolletjie wol.
Óf daar is die aangroei-metode: as kinders,
toe Ouma vertel het van hoe hulle teesuiker maak,
het ons in flessies versuikerde water, pragtig pienk
gekleur met cochenille, garingdrade laat hang
en dan gewag – en o hoe moeilik wag ‘n kind: dit
sou glo dae duur! – tot eindelik die bly resultaat:
elke draad van bo tot onder en dikker as jou vinger
‘n pienk kolommetjie hoekige blink kristalle!
Dis nou die “haal”-gedig, die soort wat bereik word
soos Eliot sê, deur “expansion and accretion”.
Heelpad-maak is dit nooit: êrens tydens die prosedure
neem misterie oor, kry die ding asof hy beginne
lewe onder jou hand, sy eie loop en arriveer hy
dikwels glad nie waar jy gewil of verwag het nie –
Uitpluis of wag op kristalle, die digter is
die dader nie, hoogstens ‘n gunstige omstandigheid,
‘n óm-stáán letterlik, ‘n soort gerigte wag, ‘n gunstige
tót begunstigde aandag, of in die geval
van die ander, die wind-plotselinge eersgenoemde,
weinig meer as ‘n anus verbaas deur ‘n goddelike poep.
*
Cochenille (commonly spelled cochineal in English) is a natural crimson-red dye made from the dried, crushed bodies of female scale insects (Dactylopius coccus) that feed on cactus plants. Also sprach die internet.
Die verwysing na T.S. Eliot is uiteraard relevant vir die begryp van hierdie teks. Cussons verwys hier na Eliot se bekende essay oor William Blake met sy argument dat ‘n gedig opgebou word op verskillende vlakke:
“A great poet has an idea (a feeling, an image), he develops it by accretion or expansion, alters his verse often, and hesitates often over the final choice …” teenoor die siening dat ‘n gedig net inspirasie is. Hierdie beroemde essay is opgeneem in The sacred wood (1920).
“Immature poets imitate, mature poets steal”, is ‘n ander stelling, dikwels verkeerd verstaan van Eliot in die essay oor Philip Massinger.
Só beskou word die verwysing na Eliot ook ‘n implisiete gesprek met William Blake, ‘n digter van die metafisika én ‘n tegniese meester. Sy gedigte ontstem en betrap die leser dikwels onverwags.

William Blake
En Blake, soos Cussons, is ook bekend om tekenkuns.
Blake (1757 – 1827) word deur Camille Paglia tipeer as ‘n brutale visionêre figuur en volgens haar is hy nie ‘n “gentle mystic” nie.
Die misterie in Cussons se gedig verwys na die misitieke dimensie en Blake wat visioene gesien het.
Oor Blake is daar die biografie van Peter Ackroyd wat in 1995 verskyn het. Dit beslaan meer as 400 bladsye.
Paglia vereer hom met twee gedigte in haar bloemlesing Break blow burn.
Sy wys op Blake se politieke bewussyn en uiteraard is hierdie klassieke vers opgeneem:
London
I wander thro’ each charter’d street,
Near where the charter’d Thames does flow.
And mark in every face I meet
Marks of weakness, marks of woe.
In every cry of every Man,
In every Infants cry of fear,
In every voice: in every ban,
The mind-forg’d manacles I hear
How the Chimney-sweepers cry
Every blackning Church appalls,
And the hapless Soldiers sigh
Runs in blood down Palace walls
But most thro’ midnight streets I hear
How the youthful Harlots curse
Blasts the new-born Infants tear
And blights with plagues the Marriage hearse
https://www.poetryfoundation.org/poems/43673/london-56d222777e969 Besoek 16 Augustus 2026
Woorde wat weeg:
Camille Paglia – Break, Blow, Burn (2005)
II
Die Sheila Cussons gedig word ‘n ars poetica wat voor die leser se oë uitkristalliseer.
Eweneens ‘n antwoord op Van Wyk Louw se beroemde ars poetica XXXVIII:
Uit die gevormde literatuur
is nooit weer poësie te maak nie …
(Tristia, 1962).
En Cussons skryf teen Louw in:
Uitpluis of wag op kristalle, die digter is
die dader nie, hoogstens ‘n gunstige omstandigheid,
‘n óm-stáán letterlik, ‘n soort gerigte wag, ‘n gunstige
tót begunstigde aandag, of in die geval
van die ander, die wind-plotselinge eersgenoemde,
weinig meer as ‘n anus verbaas deur ‘n goddelike poep.
Dalk ook ‘n verwysing na hierdie een van Louw:
Opskrif vir gaste in ‘n klooster
Wees in jou eensaam oomblik nog
van hierdie gasvry wens bewus
vir elke kramp – sy leniging;
vir alle bose winde – rus;
vir die wat traag en langsaam is:
die snelheid van die storm;
en vir die gans-oorhaastiges:
meer vastigheid en vorm.
https://www.facebook.com/NPvanWykLouw/photos/hierdie-gedig-uit-nuwe-verse-1954-is-geskryf-om-in-n-toilet-te-hang-/1033806450017565/ Besoek 16 Augustus 2026
Inderdaad alles netjies verpak in hierdie gedig.
Joan Hambidge
Kaapstad
16 Augustus 2026
Bronne:
Ackroyd, Peter. 1995. Blake: A biography. Londen: Random House.
Eliot, T.S. 1920. The sacred wood. Londen: Methuen & Co.
Paglia, Camille. 2005. Break blow burn. New York: Pantheon.

Marlies Taljard:
Johann se Lange het destyds in “Kaapse Paragrawe” soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat Phil du Plessis met haar gevoer het.
https://johanndelange.blogspot.com/2010/04/vrugbare-ongedurigheid.html