Samekoms
For small creatures such as we the vastness
is bearable only through love.
Carl Sagan
Vanaand straal die wye, koue hemel
’n sonsondergang in helder wolke,
die kosmos dy verder uit en woorde
ontbreek my asof alles te wyd is,
maar ek steek my hand uit en los pitte
van ’n breëblaarkoraal in jou hand.
© Johann Lodewyk Marais, 2026
