VIDEOGREPE: Luister na voorlesings van gedigte deur hierdie digters, woordkunstenaars & sangers wat by Versindaba 2007 op Stellenbosch opgetree het. <klik op die foto’s> Die volledige dubbele DVD-stel “Versindaba 2007 – Maak ‘it aan” is beskikbaar by Protea Boekwinkel op Stellenbosch @ ‘n billike…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Die beeldgedig in Afrikaans
INDEKS : DIE BEELDGEDIG IN AFRIKAANS Hierdie indeks lewer oorvloedig bewys dat die wisselwerking tussen gedig & visuele kunswerk in die Afrikaanse digkuns ‘n goed gevestigde tradisie is. Ons wil digters & lesers nooi om hulle ontdekkings aan te stuur na versindaba sodat hierdie lys verder uitgebrei & opgedateer kan word. Kyk ook na die visualisering van die Beeldgedig in Afrikaans hier….
Ilse van Staden. mooi blou blom
mooi blou blom vanoggend bibberende gebede: somers oninhaalbaar verby ononderbroke blou soos donderweer verhef bo daknokke, bo bome van eenderse vere geen ontkenning van die vlug nie die dood is ’n hoë C houtkapper wat sketter se onverskrokke aria deur die leë lug ’n sonkol gesplits deur spieëls brokkelende verbygang …
Charl-Pierre Naudé. Kyk links of regs
kyk links of regs, as jy die wolke oorsteek die hemelse hoenders geslag cirrusvere vlieg die lug wapper soos ’n vlag met wolke op geskilder ’n storm hys wit manel die flapperende eend ploegskaar wit epauletstrepe van ’n straler blou tamaties val oor België as jy die straat oorsteek, onthou jou gebed aan die…
