Die gedig as geheuekaart teen die Groot Vergeet Atlas teen die vergeetrivier, Pirow Bekker. Protea Boekhuis, 2013. Resensent: Tom Gouws “It is time to be old,” sê Ralph Waldo Emerson in sy gedig ‘Terminus’, en dít het noodwendige gevolge vir diégene van sewentig en as jy sterk is, tagtig, dié wat “agter gestaan…
Category: Resensies
Daar word gepoog om van elke nuwe Afrikaanse digbundel wat by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, ‘n resensie op hierdie webblad te lewer. Vir ‘n inhoudsopgawe kyk na die opsies heelbo aan hierdie webblad.
Resensie: Meditasies (Joan Hambidge)
Die bardo van meditasie as reis: Meditasies deur Joan Hambidge, Human & Rousseau, 2013. Resensent: Marlies Taljard Die term meditasie kan in wyd uiteenlopende betekenisonderskeidinge gebruik word. Meditasie kan die betekenis van nadenke of analise hê; of dit kan verwys na ‘n toestand van geestelike suiwering en bewuswording, van ontspanning of konsentrasie op ‘n…
Resensie: Kaar (Marlene van Niekerk)
Kaar. Marlene van Niekerk. Human & Rousseau. ISBN 978-0-7981-6304-0. Prys: R226. 212 bladsye. Sagteband met stofomslag. Resensent: Zandra Bezuidenhout Kaar (molen) Uit Wikipedia, De vrije encyclopedie Een kaar of tremel (In Groningen en Friesland zegt men romp) in een traditionele korenmolen is een soort vierkante en trechtervormige silo om een graanvoorraad in…
Resensie: Klawerjas (Adam Small)
Klawerjas. Gedigte. Deur Adam Small. 2013. Tafelberg. ISBN 978-0-624-06545-6. Resensie deur Bernard Odendaal. Die verbreking van ’n veertig jaar lange digterlike swye deur Adam Small met die lywige Klawerjas het alreeds geblyk groot nuus te wees. In verskeie media is oor die bekendstelling van die bundel op Wellington enkele weke…
Resensie: die agste teken (Basie Duvenhage)
Die agste teken – Basie Duvenhage (ISBN: 9780620560344; R130, Inset Uitgewers, 2013) Resensent: Tom Gouws ‘N GEMEENSAME ANNERLIKHEIT, ‘N TUISLIKE STEM Die Afrikaanse literatuur het ‘n uitsonderlik ryk tradisie van taalvariëteite, streekstaal, en gevolglik het ons ‘n skat van diverse kontreikuns. Ook in die poësie het die stem van die volksdigter nog altyd…
Resensie: Hierdie mens (Wilma Stockenström)
In sy gebeente eg Stockenström: Hierdie mens – Wilma Stockenström (ISBN: 9780798163736; Prys : R 150.00, Sagteband, 64 pp, Human & Rousseau, 2013) Resensent: Dr. Marlies Taljard Veertien jaar na haar vorige bundel, Spesmase, verskyn Hierdie mens, Wilma Stockenström (wat op 7 Augustus 80 geword het) se agtste bundel poësie. By ‘n deeglike lees blyk dat…
Resensie. “Chokers en survivors” (Nathan Trantraal)
Chokers en survivors. Deur Nathan Trantraal. Kwela Boeke. ISBN 978-0-7957-0488-8 Resensent: Bernard Odendaal Op die agterplat van Chokers en survivors word die digter van dié debuutbundel aan die leser bekend gestel as gevestigde strip- en grafiese-romanskepper (in samewerking met sy broer, André) en as eggenoot van die digter Ronelda S. Kamfer. Dis gegewens wat…
Resensie/essay: Nuwe Stemme 5
Nuwe stemme 5 Saamgestel deur Heilna du Plooy & Loftus Marais , ISBN 978 0 624 058861; Tafelberg, 2013. Resensie-essay deur Joan Hambidge ʼn Eksperimentele werkswinkel-essay I Mirakels en muses Op versoek van die webmeester, Marlise Joubert, skryf ek hierdie verslag oor Nuwe stemme 5. Goed, willig ek in, maar verduidelik: dit kan nie ʼn…
