Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Aniel Botha

Aniel Botha word in Kaapstad groot. Sy verwerf ’n B.Ed-graad aan die Universiteit Stellenbosch asook ’n M.A. in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.

Op sewentienjarige ouderdom word sy gediagnoseer met die eetsteurnis anorexia nervosa, waarna sy eindelik op 23-jarige ouderdom op aanbeveling van ’n sielkundige in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem word. In 2010 verskyn haar aangrypende joernaal ‘n Dans met die dood, wat handel oor haar ervarings in die psigiatriese hospitaal se eetsteurnisafdeling en haar stryd om herstel.

Haar debuutdigbundel Pirouette verskyn in 2012 en was ook op die kortlys vir die ATKV se poësieprys in 2013. In 2020 word haar gedigte ‘Jy raam en hang my’ en ‘Pas de chat’ in Vers en vrou opgeneem.

Aniel werk as vryskuttaalpraktisyn en privaat tutor, en sy is ook gekwalifiseer as balletonderwyser.



Krismis

 

Oupa klink nóg ‘n glasie

om sy oorwinning in die stryd

teen alkoholisme te vier.

Sy vrou, die wrede stiefouma, gesels

met ‘n goeie dosis snobisme

oor háár kleinkinders se intellektualisme.

Pa doen die tafelgebed met sy beste

ouderlingstem, geoefende balans

van vroomheid en sinisme –

dominee sou ‘n ding of twee kon leer.

Ma staar na die gekraakte muur

vol leë beloftes van skilderye

en beter dae, skryf die naakte

waarheid af as minimalisme.

Niks hiervan pla my broer nie –

hy glo hy glo aan niks meer nie

(die kulkuns van ateïsme).

Ongestoord kou hy sy vis en tjips,

spoeg tussendeur grate

en anglisismes uit.

Ek hou hulle dop, my familie van -ismes.

Dank die Heer dis net een keer ‘n jaar Krismis.

 


 

Pluto

Ek stuur per satelliet ‘n boodskap om jou mee te deel, Liewe Pa,

dat jy, spil waarom my vyfjaar-bestaan gebolmakiesie het,

ontslae is van my kinderlike konstellasies hoekom-vrae.

Deesdae haal jy die onderwêreld van my bewussyn net-net,

verban tot die rand van my sterrestelsel. Ek wou dit nie

so hê nie: jy het jouself tot dwergplaneet gepluto.

As ek reg onthou is dit jý wat mý verruil het vir die

glimmende rekenaarskerm: getroue Chevron

wat jou e-posse – daardie geraamtes van kommunikasie –

karwei. Ek wonder soms: sou jy terugkom as jy kon?

Partykeer, ek moet erken, wens ek dat jy dit wil doen.

Dan bêre ek jou, metaanysklippie, maar weer in my donker skoen.

 

(Gedigte uit: Pirouette, Queillerie, 2012)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d