Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Fourie Botha

Fourie Botha het in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-bosveld grootgeword. Hy studeer uitgewerswese en Engels aan die Universiteit van Pretoria en het vir n paar jaar opvoedkundige boeke uitgegee. Hy behaal ’n M.A. in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad asook ‘n M.A. in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Joan Hambidge.

Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 4 en in Versindaba 2010 opgeneem. Sy debuutbundel Donkerkamer, verskyn in 2011. Sy tweede bundel, Krap uit die see, verskyn in 2017 by Protea Boekhuis.

Fourie werk in Kaapstad as vryskutredakteur en konsultant.

Lees meer oor Fourie Botha op Litnet:

https://www.litnet.co.za/fourie-botha-penguin-se-geheime-wapen-uit-die-marico/



Erediens
.

Langs ʼn hoofweg, in ʼn kerk,
honderd kilo’s na die naaste dorp,
sing ʼn gemeente, dertig lede sterk,
die gesang “O goedheid Gods”.

Dis warm. Die banke laat merke
op die mans se wit hemde –
baadjies te wreed in die bloedige hitte –
dreunende dakwaaiers doof die gesing,
vensters gaap wyd, bring geen bries.

ʼn Ligte steuring in my pa se stem
as ʼn swaeltjie die kerk binneswiep,
opswenk na die dak waar die waaiers is.
Op, op, steeds op. O goedheid Gods.
Niks gaan kan keer: dié klein ontmoeting
van lem, vlerk en veer.

Stil stap my pa om die voëltjie te haal,
tussen twee rye banke kry hy die swael.
Hy loop kerk uit met die vlerkaf vlieër,
knak die fyn nek buite die deur.

 


 

Vuursalamander

die vuursalamander is water en asem
hy soek ʼn gaatjie in verrotte hout
kielie die grond met sy aspersielyf
hy trek die swaelreuk in sy lawalonge in
eiers van reuse-pouoogmotte bot
in die kompos kraak dooie duisendpote
gooi jy die stomp op die vuur verskyn
hy soos ʼn verdwaasde lampgees
die klein draak skarrel na die skadu
sluk sy stert in voetjie vir voetjie

Uit: Donkerkamer  (2011, Queillerie)

 


 

My eerste Bybel

Openbaring 5

Wie is waardig om dié boek oop te maak?

Die verse versigtig geasterisk,

God se beloftes dat Hy oor jou waak

netjies met pen onderstreep, aangestip.

Wie mag die sewe seëls breek?

Die briewe van jou skoolvriend lees?

Boekmerk by ‘n vergete preek:

Die Here sou jou herder wees.

Wie kan na die foto’s kyk

van jou dooie troetelhond

of weet hoe het jou ma gelyk

voor sy bril gedra het?

Ek is die een met sewe oë

die sywurmkruis ‘n swaard in my mond.

Slaan die boek óóp; slag my lyf.

Pa het voorin my naam geskryf.

 

Uit: Donkerkamer  (2011, Queillerie: p. 72)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d