Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Fourie Botha

 

Fourie Botha

Fourie Botha het in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-bosveld grootgeword. Hy studeer uitgewerswese en Engels aan die Universiteit van Pretoria en het vir ‘n paar jaar opvoedkundige boeke uitgegee. Hy behaal ’n M.A. in Engelse letterkunde aan die Universiteit vab Kaapstad asook ‘n M.A. in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Joan Hambidge.

Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 4 en in Versindaba 2010 opgeneem. Hy werk in Kaapstad as redakteur by ‘n uitgewershuis. Sy debuutbundel Donkerkamer, verskyn in 2011. Sy tweede bundel, Krap uit die see, verskyn in 2017 by Protea Boekhuis.

Lees meer oor Fourie Botha op Litnet:

https://www.litnet.co.za/fourie-botha-penguin-se-geheime-wapen-uit-die-marico/


Erediens
.

Langs ʼn hoofweg, in ʼn kerk,
honderd kilo’s na die naaste dorp,
sing ʼn gemeente, dertig lede sterk,
die gesang “O goedheid Gods”.

Dis warm. Die banke laat merke
op die mans se wit hemde –
baadjies te wreed in die bloedige hitte –
dreunende dakwaaiers doof die gesing,
vensters gaap wyd, bring geen bries.

ʼn Ligte steuring in my pa se stem
as ʼn swaeltjie die kerk binneswiep,
opswenk na die dak waar die waaiers is.
Op, op, steeds op. O goedheid Gods.
Niks gaan kan keer: dié klein ontmoeting
van lem, vlerk en veer.

Stil stap my pa om die voëltjie te haal,
tussen twee rye banke kry hy die swael.
Hy loop kerk uit met die vlerkaf vlieër,
knak die fyn nek buite die deur.

 

 

Vuursalamander

die vuursalamander is water en asem
hy soek ʼn gaatjie in verrotte hout
kielie die grond met sy aspersielyf
hy trek die swaelreuk in sy lawalonge in
eiers van reuse-pouoogmotte bot
in die kompos kraak dooie duisendpote
gooi jy die stomp op die vuur verskyn
hy soos ʼn verdwaasde lampgees
die klein draak skarrel na die skadu
sluk sy stert in voetjie vir voetjie

Uit: Donkerkamer  (2011, Queillerie)

 

 

My eerste Bybel

Openbaring 5

Wie is waardig om dié boek oop te maak?

Die verse versigtig geasterisk,

God se beloftes dat Hy oor jou waak

netjies met pen onderstreep, aangestip.

Wie mag die sewe seëls breek?

Die briewe van jou skoolvriend lees?

Boekmerk by ‘n vergete preek:

Die Here sou jou herder wees.

Wie kan na die foto’s kyk

van jou dooie troetelhond

of weet hoe het jou ma gelyk

voor sy bril gedra het?

Ek is die een met sewe oë

die sywurmkruis ‘n swaard in my mond.

Slaan die boek óóp; slag my lyf.

Pa het voorin my naam geskryf.

 

Uit: Donkerkamer  (2011, Queillerie: p. 72)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Resensie: "Plunder" (Antjie Krog)
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)
  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips
  • Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek
  • Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif
  • Piet van Rooyen. Om met oorleg te dig

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon