Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Ian Raper

Ian Raper

 

Ian Raper se gedigte het in verskeie tydskrifte verskyn, o.a. Standpunte, Tydskrif vir letterkunde, Kol en die e-tydskrif Bloots. Hy het self twee bloemlesings, Verskeurings en Klikspringer (lg. die eerste e-versameling), saamgestel en gee klas vir digters by die Huis vir Afrikaanse poësie. Hy is ’n letterkundige van beroep en het radiopraatjies met die titel “Verse vir die volk” gelewer, asook Van Wyk Louw-gedenklesings.

In 2012 ontvang hy die Orde van die Goue Pen van Cordis Trust vir sy buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans. Sy bundel Oorlopers verskyn in 2013 by Cordis Trust Publikasies.

 

 

Khafre met die mussie

 

(en die neus nog heel)

Ek het ‘n sfinks laat maak:
hy staan hier buite.
Daar is ‘n pad gemaak
af na hom toe.
En op na my.

Met die rivier langs
het ons blokke en balke rooi graniet gebring,
maar geel-wit sandsteen sleep ons uit ons eie kwarrie.
Plate kalksteen vir bedekking
om die son te kaats en straal
en bo, puntkappie oorgetrek in goud
‘n snuiter vir die lyf.

Kyk, almal, vir my sfinks:
dis die gesig wat julle kry.
Reken my verskansing,
met knap om my
alles wat een mensman denkbaar
sou kon nodig kry:

vrou of wat, kinders by dosyne, kat, bont, ruim
kleipotte vir salf, graan, olie; amulette
en een klein standbeeldjie
iewers van my vrolike ou siel
popgroot met die neusie
vir die hiernamaals nog heel.

 

© Ian Raper / 2009

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d