Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Jan de Bruyn

Jan de Bruyn is gebore op 25 November 1941 in die Moedersbond in Pretoria. Hy was onderskeidelik ’n klerk in die Staatsdiens, ’n onvanpaste netjies verpakte outsider-fenomeen in die privaatsektor, ’n meer van paste bruingebrande voorman op verskeie Rhodesiese plase; ’n boer op eie rekening en gevolglike insolvent in Suid-Afrika;  ’n akademikus aan verskeie universiteite en ’n sakeman op Louis Trichardt. Hy is in Mei 2007 oorlede.

Jan de Bruyn het die volgende digbundels gepubliseer: Vuurtent in die sneeu (1984); Te bruin vir groen (1987) en Witvuurlig (2004).


 

Beethoven: Sonate no. 32

 

Klipbrokke

kras en singend

soos voetstappe nagte soos die wind in boomskeure

sing sy alleenheid

oor die seë

oor my Afrika

sy son dorings en klipeinders

tot hier waar die klavier soos bitter klokke

beier in die middag buite

in swart vure bome

nagte as die stiltes soos ’n man huil

want so kom hy terug

lei my deur nagte

oor elke grens van mense

lei hy my luister

die klokke se tonge skeur

teen stiltes

en mense

tot in die laaste

die klavier soos gelate bitter golwe breek

soos ’n mens se verbryselde geroep

lui die donker klokke

die alleenste stiltes in

stiller vér stiller

luister

sing die laaste klokke silwer

 


 

Gert Vlok Nel. Sonate vir kitaarstawe

 

Weer so half oor jou dorp gevlieg

nie kon weet of die skaduwee

sigbaar uit die lug is nie

gewens ek was eerder op ’n trein

sou vir jou kon waai

sou jou naam in die klikke-klak

gesê gehoor gehoorsê het

op stawe wat jou faam behoort te ken

op wiele wat jou songs vir my kon sing

vliegtuigmense is ek en jy mos nie

die landskap sukkel

om by ons uit te kom

sukkel om op te steier

tot teen die dun kokon

geen klip is van hier af sigbaar nie

ook mens en dier word heeltemal ontken

daar is geen land

so leeg en bruin geleë

daar is geen song

so stil of seer verkreë

en ek wens ek was op ’n trein

met Beautiful Beaufort-Wes se woorde

in die klikke-klak van die kitaarstawe

 

Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d