Wekroep van die verlostes
vol-hard
dier uit die lug gepluk
in ʼn kampie gehok
grond in vlakke getrap
natuurlike opslag
gestroop voor nuwes uit kon loop
yl vlerke
vermink
sonder water of rantsoen
breek jy
deur grensdrade
dwing draadpale
uit die grond
©️ Margaret Cordier-Biermann, 2026

Die gedig verbeeld ‘n fase in die mens se lewensverloop waar hy ingehok voel en die omstandighede die uitsig beperk – hoewel dit nie noodwendig feitelik is nie. Die uitbreek word byna fisies en sigbaar in die treffende woordkeuse aan die einde van die gedig – dit beier verlos!