Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Jannie Malan

Jannie Malan (1973) is in Wynberg, Kaapstad, gebore. Kort daarna verhuis sy ouers na Pretoria waar hy ook skoolgaan en studeer (tale en uitgewerswese).

Hy werk vir ’n tyd lank as uitgewer, asook by verskeie takke van Exclusive Books. Sedert 2006 is hy ’n konsultant en besigheidsanalis in Menslike Kapitaalbestuur vir ’n internasionale maatskappy.

Malan debuteer in 2010 in Nuwe Stemme 4 en in 2014 verskyn sy debuutdigbundel In ligte laaie by Protea Boekhuis. Temas in sy werk sluit in sy jeug, die liefde, reis en die dood.

Jannie is getroud en het twee dogtertjies. Hy is passievol oor comics, alternatiewe musiek en hedendaagse Afrikaanse skryfwerk en lirieke.


 

Pietà

 

as fokuspunt vorm vrou en kind, ʼn kruis.

Lemminkäinen lê leweloos langs

 

die Tuonela se tydsame water, bleek

op ʼn klipperige oewer uitgestrek

 

die oë, asof hy net slaap, is met doek bedek

by die opdrifsels van towery en oorskot;

 

in sy ma se voorarm bol spiere belynd.

die goue golwing oor die swart water dubbelsimbool,

 

vroeër koper spore van die opeenhark van haar seun se stukke

nou die suggestie van strale genade.

 

helder oë in die gebeitelde gesig herken

stroef die skaars sigbare hommelby, wat

 

sag vir haar ontslape seun die heuning en beloftes

van lewe vanaf die gode bring.

 

in die linkerkantse hoek, immer drywend, bo

kyk wasig die swaan, onbetrokke, toe.

 

 

(© Jannie Malan 2013)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d