Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Jeanne Goosen

Jeanne Goosen (13 Julie 1938 – 3 Junie 2020), gebore in Parrow, Kaapstad, was ’n veelsydige, bekroonde en kontroversiële Suid-Afrikaanse joernalis, digter en skrywer.

Sy begin op jong ouderdom met klavier en klarinet en kry later formele musiekonderrig aan die Rondebosch School of Music. Na skool ontvang Goosen ’n beurs van die Universiteit van Kaapstad waar sy radiografie en drama studeer. Goosen beoefen gedurende haar lewe ’n verskeidenheid beroepe waarvan o.a. kunsredakteur by die destydse koerant Hoofstad in Pretoria en joernalis by die Oggendblad, Tempo en Die Transvaler, bibliotekaris by die Vloot, radiografiste, stoorkamerwerker, vertaler, sitrusboer by Hartebeeshoek, kleuterskoolonderwyseres, visser aan die Weskus, smous, afslaer, en voltydse skrywer.

In 1971 debuteer Goosen met die digbundel ’n Uil vlieg weg. Daarna verskyn Orrelpunte in 1975. Hierna verskyn verskeie dramatekste en romans uit haar pen. Haar laaste digbundel Elders aan diens het in 2007 by Genugtig! Uitgewers verskyn.

Haar verse word opgeneem in talle versamelbundels, waaronder Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Die dye trek die dye aan, Liggaamlose taal, Woordpaljas, Die goue vreugde, Voorspraak en die Versindaba bundels wat jaarliks na hierdie fees uitgegee word. In 2020 word van haar gedigte ook in Vers en vrou opgeneem.

Goosen het veertien boeke geskryf, wat poësie, essays, prosa en drama insluit. Sy het onder meer die volgende pryse gekry vir skeppende werk: Die M-Net en Rapportprys vir prosa, die Rapportprys vir drama, die CNA-prys vir prosa, ’n KKNK-toekenning vir skeppende Afrikaans en Athol Fugard se Helen Martens Fellowship.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor Jeanne Goosen op LitNet:

https://www.litnet.co.za/jeanne-goosen-1938/


 

My mamma is bossies

uit haar een oog huil sy Puccini

uit die ander oog betig sy my

Snags kweel sy: Bedaar, my kind, bedaar

môore kry jy van soetpap en melk

My mamma is bossies

Ia sona molto felice, sing sy

en pak haar kaarte uit

Hoe mooi is sy nie

sy met haar hare soos pruimedante

my bossiesma met haar taai drome

en onverwagte uitgelatenheid.

My mamma is bossies

Sy is dood nou

ingeweef in die familietapisserie

Sy jaag haar ganse strandlangs

met ’n dun swepie aan

Sy draai om, sien my

my agterstevoorkind, sê sy

mag dit goed gaan met jou

 

Uit: Versindaba 2007, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond
  • Don’t Hesitate! – AVBOB Poetry Mini-Competition winners

Nuutste kommentaar

  1. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  2. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  3. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

  5. STEPHANUS JOHANNES MARAIS on Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes28 July 2026

    Die gedig verbeeld 'n fase in die mens se lewensverloop waar hy ingehok voel en die omstandighede die uitsig beperk…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d