Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Tom Gouws

Tom Gouws (1961-2018) is ’n wiskundige, letterkundige, onderwysspesialis, skrywer, bekroonde dramaturg en digter. Hy is gebore op Mafikeng waar hy dan ook in 1979 aan die Hoërskool Mafikeng matrikuleer. Hy behaal sy B.A.-graad met hoofvakke Afrikaans-Nederlands, Wiskunde en Algemene Taal- en Literatuurwetenskap aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys in 1982.

Hy doseer aan die Universiteit van Potchefstroom, ook dié se Vaaldriehoekkampus, die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Noord-Wes (as waarnemende visekanselier en rektor) en die Graduate Academy of Southern Africa (as kanselier). Hy was aan die stuur van ElijahAfrica, ’n internasionele bedieningsnetwerk. Verder lewer hy ook ‘n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy werk as samesteller, medewerker en resensent.

Gouws se gedigte verskyn in tydskrifte soos Tydskrif vir Letterkunde. Hy maak sy debuut met die digbundel Diaspora (1990) wat in dieselfde jaar genomineer word vir die Rapportprys. Daarna verskyn Troglodiet (1995), Syspoor (2002), Ligloop (2010) en Stigmata (2012). Ligloop word in 2011 met die ATKV-veertjie vir poësie bekroon en was ook op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg-prys.

Sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte, Honderd jaar later en Die dye trek die dye aan.

Gouws skryf ook verskeie dramas. Nag van die lang messe word in 2005 met die Nagtegaalprys vir nuut geskrewe dramas bekroon.

Tom Gouws is in 2018 op 25 Julie vermoor op sy kleinhoewe buite Pretoria. Versindaba betreur hierdie tragiese en sinnelose gebeure.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor Tom Gouws op LitNet:

https://www.litnet.co.za/tom-gouws-1961-2018/


 

advent

“She said to me: ‘What an instrument your body!

            Single and perfectly distinct from everything else!

            What a tool in the hands of the Lord!

Only God could have brought it to its shape!”

            -D.H. Lawrence

 

2 Kor. 4:16

sy kyk stip na die troufoto teen die muur,

dan stip na hom waar hy stol as naakfiguur,

die los buiteflappe van sy vleestent weggeskuif.

“my bruidegom het nou ‘n middeljarige se lyf,”

sê sy hartseer bruid gedemp. met dowwe oë kyk

hy onwillekeurig na die spieël wat vaagweg lyk

soos hy, skaamherken die indertydse bruidegom,

maar veel, véél is anders nou aan hom:

die eens welige swart boskaas is nou asgrys yl;

die tande afgevyl deur tyd; die lyf wat soepel geil

en passievol kon buig, is seer en stadig, ‘n ou kolos

met wit deeg aan die flanke; uit ‘n woeste klos

snorbaard loer ‘n moeë leeu se droë snoet;

vel verlep tot ou skil, mangogeel-en-swart gesproet.

sy kyk stip na die bruidegom se gerinneweerde tent.

met dieper oë probeer sy sin sien in dié patent

van weerloosheid. diep binne eien sy dit wat latent

gloei, ‘n sagte lig wat dié ou lap sonder fondamente

openbaar: ‘n staning vol goud en edelsteen, talente

silwer, spesery … die lyf word ‘n sakrament

– beleë wyn en uitgespaarde brood – ‘n testament

sonder sediment. sy kyk stip na dié spotprent

van die Bruidegom en hoe óngesiens Hy Hom inent.

 

© Tom Gouws (Uit: Ligloop, 2010: Human & Rousseau)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Tom Gouws”

  1. Annemarie says:
    26 July 2018 at 13:34

    Uitstekend!
    So jammer dat die talent deur sinnelose selfsugtige mense vernietig is!
    My innige meegevoel met julle as gesin!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d