vuur – beskawing? (Franschhoek) wat is beskawing werd teen ’n natuurkrag? ken vuur die verskil tussen ’n bloekombos & ’n museum die Hugenotemonument? onthou vuur nog die universiteitbiblioteek? boeke & kosbare dokumente teen Tafelberg vuur lek-lek haar roete oop na rykmanshuise laat gesinne paniekerig gryp na waardevolste besit & ontruim…
