namakwaland in namakwaland lê my liefde rooiduin hoog in die skadu by gifberg se voet rolbos my verlange teen ‘n doringdraad-heining vas oor die groot karoo se wye vlak draf ‘n jakkals windvoet oor my hart Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer…