Coen Vollgraaff. namakwaland

 

 

namakwaland

in namakwaland


my liefde
rooiduin hoog

in die skadu
by gifberg
se voet

rolbos
my verlange

teen ‘n
doringdraad-heining
vas

oor die
groot karoo
se wye vlak

draf
‘n jakkals

windvoet
oor my hart

 

Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*