Google is ʼn bietjie soos boomklim. Voetjie op hierdie tak, voetjie op daardie tak. Effe regs, effe hoër, dan weer effe links. Binnekort sit jy op ‘n onbeplande plek met ʼn uitsig. Meestal weet jy nie mooi hoe jy daar gekom het nie. Of hoe om weer af te klim nie. Dan maar laat los…