Ek wonder of ek in die minderheid sal wees as ek bieg dat ek soms erg bekommerd raak oor my geheuefunksies. Dis byvoorbeeld ver bo my vuurmaakplek (ek sal meer as net vingers verbrand) om enige gedig voor te dra, omdat ek bang is ek laat ’n essensiële woord uit. Of versreël. Of strofe. Ek…