Lao Tzu, e.a. Vertaling in Afrikaans
Saturday, August 28th, 2021
Lao Tzu, e.a. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws
sou ‘n mens die ganse wêreld kon beleër
sou ‘n mens die ganse wêreld kon beleër en dit jou eie maak?
ek het gesien dat mens nie sukses sal smaak nie
alles onder die hemel is een gewyde houer
daarmee moet jy nie peuter nie
dit moet jy nie jou eie maak nie
peuter daarmee en jy sal dit verknoei
maak dit jou eie en jy sal dit verloor
vir alle skepsels is daar ‘n tyd om op te ruk ‘n tyd vir onttrekking
‘n tyd vir inasem ’n tyd vir uitasem
‘n tyd om sterk te word ‘n tyd vir verval
‘n tyd vir skepping ‘n tyd vir afbreek
daarom vermy die wyse een die uiterstes die buitensporige die verhewene
***
Would a man lay siege to the whole world
Lao Tzu a.o.
Would a man lay siege to the whole world and make it his own?
I have seen that he will not succeed.
All beneath heaven is a sacred vessel.
Do not tamper with it,
Do not make it your own.
Tampering with it you will spoil it,
Making it your own you will lose it.
For all creatures there is a time for advancing, a time for withdrawal,
A time for inhaling, a time for exhaling,
A time for growing strong, a time for decay,
A time for creation, a time for destruction.
Therefore the Sage avoids the extremes, the extravagant, the exalted.
Uit: Een van die Tao Te Ching se verse geskryf tydens die Chou Dinastie (1112-249 vC); in Payne, Robert (ed).1949. The White Pony: an anthology of Chinese poetry from the
earliest times to the present day newly translated. London: Theodore Brun Limited (p.77).
Reël 3 eggo effens in ‘n Wittgenstein-gedagte: “Om te voel dat die wêreld ‘n beperkte geheel uitmaak – dit is dit wat mistiek is.” (6.45 in sy Tractatus…1921)