Tydens verlede jaar se Versindaba het Marlene van Niekerk die US Afrikaans-Nerderlandse departement se jaarlikse kollokwium daarby aangehaak. Die tema vir dié kollokwium was een van die opwindenste konsepte nog: sy het naamlik ‘n aantal digters gevra om aan die hand van Allen Ginsberg se gedig “America” ‘n soortgelyke “brief” tot Suid-Afrika te rig; ‘n…