Kwatrynwedstryd (37)
Tuesday, March 9th, 2021
Begrip smoor in die vlak asem van kwarantyn;
eie wil flerts vlug in dié Getsemane-pyn.
Sal gedagtenis na buite kan rank en bot
wyl die oesjaar se druif verskrompel tot rosyn?
© Mari van den Berg, 2021