Ek het Neko Case se musiek deur Danie Marais ontdek. Danie is ʼn musiekmissionaris en ek is dankbaar dat hy my gereeld uit ʼn toestand van stagnasie red. Sommige mense noem Neko Case se musiek “country noire”, dalk omdat haar verlede as drummer in punk bands effe deurskemer. Sy’s ook van die Grand Ole’ Opry…