Nog ‘n digter wat vanjaar op 9 en 10 Mei tydens Spier Wynlandgoed se Dansende Digtersfees in aksie gaan wees, is Nimrod Djangrang Bena (skrywersnaam: Nimrod). Hy is in 1959 in Tsjaad gebore en is eweneens as romansier en essayïs bekend. Vantevore het hy Geskiedenis, Aardrykskunde en Filosofie onderrig in sowel sy geboorteland as die…