I Die Heiaanse periode (794-1185) word algemeen beskou as ’n merkwaardige tyd van rus, vrede en voorspoed in die dikwels bloedige Japannese geskiedenis. Die stad Kyoto, wat aanvanklik as Heian-kyo bekend gestaan het (wat letterlik beteken die stad van rus en vrede) en waaraan die Heiaanse periode sy naam ontleen, is in hierdie periode opgerig…