Resensie: Donkerwerk (Nini Bennett) Donkerwerk deur Nini Bennett. Naledi, 2019. Resensent: Dewald Koen Donkerwerk is konkelwerk. So lui die Afrikaanse idioom. Alhoewel laasgenoemde ’n negatiewe konnotasie aktiveer, verwys die titel van Nini Bennett se derde bundel Donkerwerk eerder na ’n sentrale konsep van die psigoanalis Carl Gustav Jung wat as motto in die bundel verskyn:…