Tydens die afsluiting van die Frankfurt Buchmesse verlede Sondag, het die Italiaanse skrywer Claudio Magris (70) die Vredesprys van Duitse Boekhandelaars in ontvangs geneem. Hierdie Vredesprys bestaan reeds sedert 1950 en word jaarliks toegeken aan ‘n skrywer wat deur middel van sy persoonlikheid, sowel as wetenskaplike, artistieke en literêre bedrywighede daadwerklik bydrae tot die uitbou…