D.H. Lawrence. Vertaling in Afrikaans
Saturday, October 2nd, 2021
D.H. Lawrence (1885-1930). Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws
wat die mens ook al maak
wat die mens ook al maak en dit laat lewe
leef weens die lewe daarin gesit
‘n lengte indiese moeselien is lewendig met hindoe-lewe
en ‘n navajo-vrou wat haar mat weef op die patroon van haar droom
moet die patroon laat eindig met ‘n onderbrekinkie
wanneer die weefwerk klaar is
sodat haar siel kan uitkom weer na haar toe
maar in die klein eienaardigheid in die patroon, soos die sleepsel
van ‘n slang in sand
laat dit sy spoor
***
Whatever Man Makes
Whatever man makes and makes it live
lives because of the life put into it.
A yard of India muslin is alive with Hindu life.
And a Navajo woman, weaving her rug in the pattern of her dream
must run the pattern out in a little break at the end
so that her soul can come out, back to her.
But in the odd pattern, like snake-marks on the sand
it leaves its trail.
Uit: Lawrence, D.H. 1975. Selected Poems. Edited, with an Introduction by Keith Sagar.
Harmondsworth: Penguin Books (p.201).