Posts Tagged ‘Zandra Bezuidenhout haikoe’

Zandra Bezuidenhout. Bruid

Saturday, August 21st, 2021

 

 

BRUID

 

‘n Bruid in die boord

dra skuimwit soos die lente,

haar lyf is ‘n kelk.

 

© Zandra Bezuidenhout, 21 Aug, 2021

 

 

Zandra Bezuidenhout. Vier haikoes vir Vrouemaand

Tuesday, August 3rd, 2021

 

 

Vier haikoes vir Vrouedag

 

Vrou van die lente

jy geur lig en kortstondig

jou fleur is ‘n droom.

 

*

 

Vroue is somers

soos die ronding van perskes

met son op die wang.

 

*

 

Herfs bêre die son

in die glans van haar hare

die oë word gloed.

 

*

 

Vroue word winters

as die binnevuur uitbrand

tot splinters van ys.

 

© Zandra Bezuidenhout, 2021