Johann Lodewyk Marais. Gedig

HIBBERDENE

Maak oop die venster dat die see hier ruis.

Sit madoembie en geelrys op die stoof.

Kom, lief, hou die verlange in bedwang

en eet saam met my krap uit die doppe.

Buite broei frette in die flambojant.

 

                       

                                Johann Lodewyk Marais

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •