Andries Bezuidenhout. Onbekende kunstenaar met onbekende album

My rekenaar praat Afrikaans. Ek is geensins ʼn taalstryder is nie, maar het per ongeluk op ʼn slag ʼn skakel uit ʼn vonkpos (hoe’s daai vir suiwer Afrikaans?) gevolg en toe het Microsoft my rekenaar se taal verander. As ek nou na musiek op my rekenaar luister staan daar woorde soos “gryp” en “sny” op die skerm. Dis heel gepas in ʼn misdaadstad soos Johannesburg, veral as ʼn mens dink aan die misdadigers wat my musiek “gryp” en “sny” sonder dat ek ʼn sent kry om my tyd in die ateljee mee te betaal.

Ek is op die oomblik besig met die laaste stukkies meng (amper soos pannekoekdeeg) aan ʼn volgende CD. As ek na die snitte (vatso!) luister staan daar “Onbekende Kunstenaar” en “Onbekende Album” op die skerm. Nou ja toe, op die rekenaar se skerm sal jy die waarheid lees.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •