Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 200920 December 2012

Vrydag, 22 Mei 2009

Herman de Coninck
Herman de Coninck

Vandag is ‘n besonderse dag op die Vlaamse kunskalender. Dit is naamlik die begin van Koningsblauw 09, ‘n vierdaagse poësiefees wat nie net die Nederlandse digkuns in die algemeen vier nie, maar in die besonder ook die Vlaamse digter Herman de Coninck s’n. Die fees begin vandag by Berchem (Antwerp) en beweeg daarna onderskeidelik na Brussels en Genk om Maandag in Gent by die Poeziecentrum te eindig. Van die digters wat hieraan deelneem, is onder andere Leonard Nolens en Remco Campert. (Gaan loer gerus in by www.begeerte.be vir meer inligting.)

 

Nie net is Herman de Conick vir ons van belang vanweë die pragtige vertalings van sy verse deur Daniel Hugo nie (Die lenige lefde, Protea Boekhuis, 2009), maar tydens sy besoeke aan Suid-Afrika in die 1990s het hy vele bande gevestig wat vandag nog deur etlike poësieliefhebbers met waardering onthou word.

Daarom wil ek graag by wyse van hierdie Nuuswekker jou aandag vestig op Herman de Conick se versamelde briewe wat enkele jare gelede onder die titel Een aangename postumiteit – Brieven 1965-1997 verskyn het. Eksemplare van dié pragboek is steeds beskikbaar by die Protea Boekwinkels op Stellenbosch en Hatfield (Pretroria). Stuur gerus ‘n e-pos na louis.protea@mweb.co.za of info@proteaboekhuis.co.za.

Ter lillustrasie van Herman de Coninck se besonderse verse, die volgende (in die vertaling van Daniel Hugo).

 

Poësie

Soos wat jy vir ‘n siek dogtertjie sê:

my miniatuurmensie, my selfgemaakte

verdrietjie, en dit help nie;

soos wat jy ‘n hand op haar warm voorhofie

lê, so dun as sneeu gaan lê,

en dit help nie:

so help poësie.

 

En daarmee groet Nuuswekker eers weer tot Maandag.

Mag die naweek jou sprakeloos laat van vreugde.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Alfred, waar’s jou pasboek, jong …
Kom ons praat hieroor … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d