Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 200920 December 2012

Vrydag, 22 Mei 2009

Herman de Coninck
Herman de Coninck

Vandag is ‘n besonderse dag op die Vlaamse kunskalender. Dit is naamlik die begin van Koningsblauw 09, ‘n vierdaagse poësiefees wat nie net die Nederlandse digkuns in die algemeen vier nie, maar in die besonder ook die Vlaamse digter Herman de Coninck s’n. Die fees begin vandag by Berchem (Antwerp) en beweeg daarna onderskeidelik na Brussels en Genk om Maandag in Gent by die Poeziecentrum te eindig. Van die digters wat hieraan deelneem, is onder andere Leonard Nolens en Remco Campert. (Gaan loer gerus in by www.begeerte.be vir meer inligting.)

 

Nie net is Herman de Conick vir ons van belang vanweë die pragtige vertalings van sy verse deur Daniel Hugo nie (Die lenige lefde, Protea Boekhuis, 2009), maar tydens sy besoeke aan Suid-Afrika in die 1990s het hy vele bande gevestig wat vandag nog deur etlike poësieliefhebbers met waardering onthou word.

Daarom wil ek graag by wyse van hierdie Nuuswekker jou aandag vestig op Herman de Conick se versamelde briewe wat enkele jare gelede onder die titel Een aangename postumiteit – Brieven 1965-1997 verskyn het. Eksemplare van dié pragboek is steeds beskikbaar by die Protea Boekwinkels op Stellenbosch en Hatfield (Pretroria). Stuur gerus ‘n e-pos na louis.protea@mweb.co.za of info@proteaboekhuis.co.za.

Ter lillustrasie van Herman de Coninck se besonderse verse, die volgende (in die vertaling van Daniel Hugo).

 

Poësie

Soos wat jy vir ‘n siek dogtertjie sê:

my miniatuurmensie, my selfgemaakte

verdrietjie, en dit help nie;

soos wat jy ‘n hand op haar warm voorhofie

lê, so dun as sneeu gaan lê,

en dit help nie:

so help poësie.

 

En daarmee groet Nuuswekker eers weer tot Maandag.

Mag die naweek jou sprakeloos laat van vreugde.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Alfred, waar’s jou pasboek, jong …
Kom ons praat hieroor … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d