Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Uitdraai en “entanglement”

Ek laai vir Irma by die lughawe af. Sy gaan Armenië toe en lees nou al vir weke boeke oor die Armeense volksmoord van 1915. Op die omslag van een van die boeke is ʼn aanhaling van Adolf Hitler, wat in 1939 iets gesê het soos: “Wie onthou vandag nog die uitwissing van die Armeniërs?”

ʼn Paar jaar gelede was daar ʼn debat oor of apartheid volksmoord (“genocide”) was. Diegene wat gedink het dat dit wél volksmoord was, noem die gedwonge verskuiwings van tweemiljoen mense en die toename in kindersterftes daarná om hul argument te staaf. Diegene wat daarteen argumenteer verwys na die feit dat apartheid Suid-Afrika afhanklik was van swart arbeid en dat daardie ekonomiese afhanklikheidsverhouding dit onmoontlik gemaak het vir koloniale Suid-Afrika om die inheemse bevolking op groot skaal uit te wis (soos byvoorbeeld in Australië).

Ek raak sesuur gisteraand aan die slaap. Agtuur bel ʼn kollega my wakker. Ek sukkel om weer aan die slaap te raak en haal Wilma Stockenström se roman Uitdraai van die rak af. Dis in 1976 gepubliseer. Teen tweeuur vanoggend sit ek die boek neer. Ek droom die res van die nag daaroor.

ʼn Kollega van Irma hier by Wits, Sarah Nuttall, gebruik die woord “entanglement” om Suid-Afrikaanse verhoudings te beskryf. Uitdraai is ʼn onstellende blik op hierdie “entanglements” van die Kaapse platteland en hoe naby mense aan mekaar geleef het. Daardie nabyheid het egter die simboliese afstand wat tussen wit en bruin gehou moes word soveel meer intens en wreed gemaak. Dit laat ʼn mens ook aan Agaat dink.

Soos ek dit verstaan, probeer Sarah Nuttall om sosiale vraagstukke oor “difference” en “sameness” te oorkom met die gebruik van die term “entanglement”. Dit gaan oor daardie kwaliteit van nabyheid en afstand wat koloniale verhoudings – ook in die huishouding, aanvanklik met slawe en later huiswerkers – geskep het. Daar is ʼn verwronge intieme kennis wat Suid-Afrikaners van mekaar het. Ek dink om daardie kwaliteit van die verhoudings te erken, eerder as om vas te val in “difference” (postmoderniste) en “sameness” (kosmopoliete), is miskien om ʼn stap nader te kom aan die ontknoping van die geskiedenis wat ons so treiter.

Maar nou ja, dit maak seker nie juis sin nie. Dis maar my verwarde gedagtes na ʼn nag van gure drome.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Johann Lodewyk Marais. Die Anglo-Boereoorlog, weer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d