Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 June 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Too old to rock ‘n roll…

… too young to die. Ek dink dis Neil Young se woorde. ʼn Paar jaar gelede speel ek saam met die Brixton Moord en Roof Orkes by Oppikoppi. Ek het pas ʼn toer deur die land saam met die Belgiese sanger Guy Swinnen onderneem. Ons gig by Oppikoppi was die laaste in die reeks, maar hierdie keer saam met die hele band.

Guy het eers op sy eie gespeel en toe ʼn cover van “The guns of Brixton” saam met die orkes gedoen.

Toe is dit ons beurt. Mense kan maar sê wat hulle wil, blasé wees, maar dis goed vir die ego as ʼn hele paar duisend mense jou band se naam ritmies uitskree: “Brixton! Brixton! Brixton!”

Die vertoning was redelik chaoties, soos die meeste maar was, maar dit het nie gelyk of die skare omgegee het nie. In ʼn stadium het ek in die lug gespring en my hare agtertoe gegooi. En toe, in daardie oomblik voor ek weer op die verhoog land, het ek iets onthou: Ek het vanoggend bloeddrukpille gedrink.

Daardie oomblik, dáár in die lug bo Oppikoppi se verhoog, was ʼn keerpunt in my lewe. Ek het terug aarde toe gekom en kort daarna was die Brixton Moord en Roof Orkes iets van die verlede.

Dis nie ál wat die band se einde veroorsaak het nie. Om die waarheid te sê, dis maar ʼn klein deeltjie van die verhaal. Moord Greeff, ons drummer, is Kanada toe en ons het nie werklik daarin geslaag om die energie bymekaar te skraap om ʼn volgende CD op te neem nie. Soos Brixton Barnard gesê het: Ons het ʼn kabaretband van onsself geword.

Dit was lekker om hierdie naweek vir Bloedskande, een van Johannesburg se jonger bands, te sien speel. Veral omdat die sanger – Jan Smart – gereeld in die gehoor gesit het as ons gespeel het. Hy is een van die min mense wat die ironie in wat ons gedoen het raakgesien het.

Daar was baie mense by die Belavista Lounge. Na die gig het ons op die gebou se dak gekuier, ʼn konkavuur aan die gang probeer hou.

Daar was ‘n ongelooflike mooi vrou en ek het vir haar gesê sy lyk soos ʼn jong Ingrid Winterbach. Sy het gesê sy weet nie wie Ingrid Winterbach is nie. Daar was ook iemand wat presies soos ʼn jonger Blixa Bargeld (in die foto hier bo) gelyk het, maar nie geweet het wie Blixa Bargeld is nie.

Ek het nie eers probeer verduidelik nie.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Andries Bezuidenhout. Jan Smart se hartseer Johannesburg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d