Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 200919 June 2009

Vrydag, 19 Junie 2009

Marlise, Marjoleine, Ad Zuiderent & Tom van Deel
Marlise, Marjoleine, Ad Zuiderent & Tom van Deel

Op haar gereelde rubriek De Thuiskok in die NRC Handelsblad skryf Marjoleine de Vos onlangs oor die wenslikheid van ‘n resepteboek met gedigte daarby. “Een bloemlezing van gedichten met recepten erbij, zou dat nu niet eens iets leuks zijn?” vra sy en voeg dan by: “Maar dan moeten die dichters natuurlijk ook wel een beetje eten in de gedichten van ze, want anders ben je snel klaar met je recepten …” Nou is dit ook so dat ek en Marlise net die mooiste herinneringe het van Marjoleine en haar man, Tom van Deel, soos die foto hiernaas getuig. Nie net is hulle albei digters van vele bundels nie, maar Marjoleine is inderdaad ‘n voorslagkok. (Terloops, die foto hiernaas is geneem tydens ‘n ritueel toe elkeen teenwoordig ‘n heildronk moes instel op ‘n bepaalde wërelddigter. En glo my, die hele alfabet is deurgewerk van Yehuda Amichai tot by Adam Zagajewski. Kliek gerus op die foto indien jy dit wil vergroot.)

Nietemin, dié versugting deur Marjoleine het my onwillekeurig laat dink aan hoe bevoorreg ons is met twéé publikasies deur formidabele digterskokke: C. Louis Leipoldt (Polfyntjies vir die proe, Cerderberg Uitgewers, 2004) en George Weideman (Verskombuis, Protea Boekhuis, 2006). Voeg nog daarby Marlene van Niekerk se wonderlike kosrubrieke van enkele jare gelede – wat hopelik eendag nog uitgegee sal word! – plus DJ Opperman se bekende Grondstowwe by die siklus van seisoene, en ons besef dat eet en drink en poësie eintlik nog altyd stalmaats was in ons digkuns.

 

So, maak ‘n spesiale gereg hierdie naweek en geniet dit saam met jou gunstelingdigter … (Ter inspirasie, die slotreëls uit Marlise Joubert se gedig Ballade vir die minnaars hieronder.)
Lekker eet! Nuuswekker hervat weer Maandag.
LE
 
En sy sal die versugting van sy verse in die vlees toevou
En die mes en die vurk van jarelange saamwees
En hulle sal die woorde geniet wat brood geword het
Soos brood sal hulle mekaar bly eet en vermeerder
Want hy het besluit om sag te wees
(c) Marlise Joubert (passies en passasies, Protea Boekhuis, 2007)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Gedigte van muur tot muur →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d