Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 2009

Gedigte van muur tot muur

Jan Hanlo se gedig
Jan Hanlo se gedig

Die Bulgaarse hoofstad, Sofia, het met ‘n héél besonderse plan vorendag gekom om die internasionale aansien van die digkuns in hul stad te verhoog. Hulle het naamlik al die ambassades van die Europese Unie genader met die versoek dat elkeen ‘n gedig moet nomineer om teen die mure van bepaalde geboue in Sofia aangebring te word ten einde die stad te versier. “European poems on Sofia’s city walls send out a powerful message about Europe to Sofia’s citizens and visitors. The European Union’s strength is Unity in Diversity,” het Willem van Ee, die Belgiese ambassadeur in Bulgarye, gesê en bygevoeg: “Europe is about people, about citizens. And there are many differences between European member states and their citizens. Historical, cultural; our languages and alphabets. This makes the European project so exciting, colourful and dynamic.”

Nederland het naamlik ten gunste van ‘n gedig van Jan Hanlo besluit, terwyl die Belgiese ambassade twéé gedigte, naamlik ‘n franstalige gedig deur Odilon-Jean Périer en ‘n gedig deur Hugo Claus, Het weer, gekies het. Ander digters wat op dié manier vereer is, is onder andere Dante, Schiller, Eluard en Pessoa. Naas die teks in die oorspronklike taal, is daar ook vertalings in Engels en Bulgaars op die onderskeie mure aangebring. (Lees die volledige berig hier.)

Vir jou leesplesier plaas Nuuswekker vanoggend Hugo Claus se gedig hieronder.

Ten slotte – vandag is weer ‘n dag wat ons kan opstaan en hande klap: Carina Stander se langverwagte tweede bundel, “woud van nege en negentig vlerke” het gister by die winkels aangekom. En wat ‘n pragboek is dit nie! Haas jou dus na jou gunsteling boekwinkel en vra daarvoor; pleit selfs indien hulle dit nie het nie. Maar krý hom. Intussen kan jy jou verlekker aan die onderhoud wat Marlise Joubert met Carina gevoer het, asook die inligtingstuk hier by publikasies.

Lekker lees aan alles en mag jy vandag volledig vlerk wees …

Mooi bly.

LE

 

Het Weer

 

Hoe het weer was in het land zonder jou?
Eerst daalde er nevel
over de betonnen bergen.

Toen hing de zon als mist
over het paarlemoeren zand.

Toen bewoog de lucht
en werd klam als oksels.

En alom steeg de geur
van de grote dieren die niet bestaan,
tenzij in het geruis van je oor,
in het geritsel van je haar.

Zo was het weer daar zonder jou.
Je bent de luchtdruk en de dauw
en sneeuw in mijn schedel.

© Hugo Claus

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Onderhoud: Carina Stander
Andries Bezuidenhout. Dorpie op die vark se rug →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Resensie: “De Ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
  • Jacobus Swart. Franz Kafka
  • Gerard Scharn. Abstract portret door Wopko Jensma
  • Marthé McLoud. Gogo

Nuutste kommentaar

  1. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  2. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  3. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  4. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  5. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d