Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 2009

Gedigte van muur tot muur

Jan Hanlo se gedig
Jan Hanlo se gedig

Die Bulgaarse hoofstad, Sofia, het met ‘n héél besonderse plan vorendag gekom om die internasionale aansien van die digkuns in hul stad te verhoog. Hulle het naamlik al die ambassades van die Europese Unie genader met die versoek dat elkeen ‘n gedig moet nomineer om teen die mure van bepaalde geboue in Sofia aangebring te word ten einde die stad te versier. “European poems on Sofia’s city walls send out a powerful message about Europe to Sofia’s citizens and visitors. The European Union’s strength is Unity in Diversity,” het Willem van Ee, die Belgiese ambassadeur in Bulgarye, gesê en bygevoeg: “Europe is about people, about citizens. And there are many differences between European member states and their citizens. Historical, cultural; our languages and alphabets. This makes the European project so exciting, colourful and dynamic.”

Nederland het naamlik ten gunste van ‘n gedig van Jan Hanlo besluit, terwyl die Belgiese ambassade twéé gedigte, naamlik ‘n franstalige gedig deur Odilon-Jean Périer en ‘n gedig deur Hugo Claus, Het weer, gekies het. Ander digters wat op dié manier vereer is, is onder andere Dante, Schiller, Eluard en Pessoa. Naas die teks in die oorspronklike taal, is daar ook vertalings in Engels en Bulgaars op die onderskeie mure aangebring. (Lees die volledige berig hier.)

Vir jou leesplesier plaas Nuuswekker vanoggend Hugo Claus se gedig hieronder.

Ten slotte – vandag is weer ‘n dag wat ons kan opstaan en hande klap: Carina Stander se langverwagte tweede bundel, “woud van nege en negentig vlerke” het gister by die winkels aangekom. En wat ‘n pragboek is dit nie! Haas jou dus na jou gunsteling boekwinkel en vra daarvoor; pleit selfs indien hulle dit nie het nie. Maar krý hom. Intussen kan jy jou verlekker aan die onderhoud wat Marlise Joubert met Carina gevoer het, asook die inligtingstuk hier by publikasies.

Lekker lees aan alles en mag jy vandag volledig vlerk wees …

Mooi bly.

LE

 

Het Weer

 

Hoe het weer was in het land zonder jou?
Eerst daalde er nevel
over de betonnen bergen.

Toen hing de zon als mist
over het paarlemoeren zand.

Toen bewoog de lucht
en werd klam als oksels.

En alom steeg de geur
van de grote dieren die niet bestaan,
tenzij in het geruis van je oor,
in het geritsel van je haar.

Zo was het weer daar zonder jou.
Je bent de luchtdruk en de dauw
en sneeuw in mijn schedel.

© Hugo Claus

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud: Carina Stander
Andries Bezuidenhout. Dorpie op die vark se rug →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d