Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 August 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Van die hand na die mond…

Soms is ek nie lus om my rubrieke in Rapport volgens die resep te skryf nie. Blykbaar moet jy met ʼn stelling begin wat die leser sal prikkel of interesseer. Onthou, ʼn mens kompeteer met honderde ander stories, die televisie, en in my geval, mense wie se ooglede deur pense vol Sondagskaapboud en ertjies na onder getrek word. Ná jy die leser geprikkel het, moet jy op die stelling voortborduur en dan weer afsluit met ʼn verwysing na jou kernpunt.

Verlede Sondag het ek oor my besoek aan my oupa se geboortehuis geskryf. Dis in Belgravia, Johannesburg, ʼn woonbuurt wat ʼn slum geword het. Die huis word duidelik deur ʼn “slum lord”, soos ons hulle hier noem, besit of beheer. Vir my was die kern van die storie die haglike omstandighede waarin hierdie mense woon, asook my ongemaklike verhouding daarmee.

Ek het ook gewonder oor of die plek noodwendig soveel slegter lyk as hoe dit gelyk het toe my oupa in 1909 daar gebore is. Hulle was baie arm en my oupa, as jongste kind, kon slegs hoërskool en universiteit toe gaan omdat sy twee broers gaan werk het, een as ʼn grofsmit en die ander as motorwerktuigkundige. Hulle moes die skool in st. 6 verlaat om ambagskool toe te gaan hiervoor. My oupagrootjie het in Johannesburg beland omdat sy stiefpa hom van die plaas af weggejaag het. Hy het werk in die myne gekry en is aan myntering dood toe my oupa skaars drie jaar oud was. Op ʼn manier het ek dus my eie familie in die mense wat nou in daardie huis woon gesien.

Maar as ʼn mens nou na van die kommentaar op die storie kyk, lyk dit asof mense gefikseer het op die feit dat ek “umlungu” genoem is. Ek beskou die woord nie as ʼn belediging nie – ek het geen aggressie bespeur nie, al was my interaksie met die mense wat nou in die huis woon ietwat stram.

Ek weet nie altyd of die koerantwese en subtiliteit saamgaan nie. Of dalk skryf ek maar net onduidelik.

Lees die rubriek hier.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Stillewe – nuwe gedig
‘n Ringdig vir Vrouedag! →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d