Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 August 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Stillewe – nuwe gedig

STILLEWE
(ter nagedagtenis, 27 Maart 1985)

Sluk elke buurt só swaar aan roem
wat wrang verteer wanneer fotograwe
hul lense elders wend,
wanneer joernaliste vingers lek
om notaboeke om te blaai,
as naasbestaandes rame oopmaak
vir plek om nuwe gesigte te hang?

Vanoggend se spitsverkeer suig weg
soos blare in ʼn stormwaterdrein.
Son sproei halfhartig deur bevlekte vensters.
Ruit op die deken dryf stadig hoek toe.
Op die plankvloer antwoord stof die lig
met ʼn silweragtige gemurmel.
Aan die staalplafon damp roes deur dekades
se lae en lae verf.
Laaikas dobber rug teen die muur.
Pootjiesbad skilfer bedompig af.
Kombuiskas protesteer onwelriekend
teen jare en jare se muwwe borde.
Wekker drup gedwee aan sekondes.
Waaier trap water tot volgende seisoen.
Verwarmervinne roei hittegolwe aan.
Koperdrade wurm onder die grond,
mond uit in lyne wat die Hoëveld oorspan
om yskaste en stowe met Witbank te verbind.

Mei se koue bekruip die buurt –
kil hierdie jaar reeds in April,
die dam se water ysig stil.
Motorwrakke, huise bak bleek in die oggend
sonder die klank van skoolkinders of honde.

Net soms nog dra name ʼn eggo
wat jy selde van naby kan hoor:
Westdene dam, Westdene bus.
Westdene bus, Westdene dam.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Verstrooide aarde – nuwe gedig
Andries Bezuidenhout. Van die hand na die mond… →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d