Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 September 2009

Man Booker-kortlys aangekondig

2009 Man Booker-prys
2009 Man Booker-prys

Die kortlys van ses titels vir vanjaar se Man Booker-prys is gister deur die organiseerders bekendgemaak. Volgens James Naughtie, voorsitter van die paneel beoordelaars, is hul stoutste verwagtinge oortref en is hulle “thrilled to be able to announce such a strong shortlist, so enticing that it will certainly give us a headache when we come to select the winner … These are six writers on the top of their form. They’ve given us great enjoyment already, and it’s a measure of our confidence in their books that all of us are looking forward to reading them yet again before we decide on the prizewinner?”

Die wenner sal tydens ‘n spesiale gala-aand op 6 Oktober in London se Guildhall aangekondig word. Vanjaar se prysgeld beloop £50,000.

Die ses kandidate vir dié gesogte prys is in alfabetiese volgorde: A.S. Byatt, J M Coetzee, Adam Foulds, Hilary Mantel, Simon Mawer  en Sarah Waters. Volgens De Papieren Man bestaan daar wye konsensus dat J.M. Coetzee ‘n driekuns gaan behaal. Hy het immers die prys reeds in 1983 gewen (vir Life & Times of Michael K) en weer in 1983 vir Disgrace. A.S. Byatt kan egter Coetzee se aand bederf aangesien sy ook al vantevore gewen het met haar roman Possession (1990). Ook vir Sarah Waters is hierdie héél bekende vaarwater aangesien sy reeds twee keer vantevore genomineer was vir Fingersmith (2002) en The Night Watch (2006). Maar of ‘n simpatie-beslissing die reklamewaarde van ‘n driekuns kan uitkanselleer, is ernstig te betwyfel. Of gaan die Britse seer toontjie oor die feit dat hul plaaslike letterkunde die afgelope aantal jare deur skrywers uit die voormalige “kolonies” gedomineer word, plotseling ’n “true Brit” soos Byatt agter die mikrofoon sien? En sal dít nie welverdiend wees nie?!

Maar nou ja. Intussen kan ons maar net wag; gelukkig nog net 26 slapies en dan weet ons.

Hieronder volg die lys van genomineerdes. En vryf hierdie middel-in’ie-week-dag sommer ordéntlik blink … Hy’s joune!

En geniet alles wat nuut is op die webblad vandag; veral De Contrabas se Nuusbrief is ‘n moet.

Mooi bly.

LE

°A S Byatt, The Children’s Book (Random House, Chatto and Windus)
°J M Coetzee, Summertime (Random House, Harvill Secker)
°Adam Foulds, The Quickening Maze (Random House, Jonathan Cape)
°Hilary Mantel, Wolf Hall (HarperCollins, Fourth Estate)
°Simon Mawer, The Glass Room (Little Brown)
°Sarah Waters, The Little Stranger (Little Brown, Virago)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Boek op baadjie takseer
Dis tyd om opgewonde te begin raak … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d