Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 September 200915 September 2009

Günter Grass en die politiek

Günter Grass
Günter Grass

Dit wil inderdaad voorkom asof Günter Grass maar net nie van die politiek af kan wegbly nie. Nog onlangs was hy voluit in die nuus met sy bekendmaking dat hy gedurende die Tweede Wêreldoorlog lid was van die berugte Waffen-SS. Volgens Focus Kultur het hy hom nou openlik by die Duitse Sosiaal- Demokratiese Party geskaar en gaan hy van vandeesweek af in ses stede in die voormalige Oos-Duitsland werwingswerk vir hulle doen. Dié veldtog sal naamlik ‘n aantal lesings, “Onderweg van Duitsland na Duitsland” behels. Ander skrywers wat hom op dié toer sal vergesel, is: Steffen Kopetzky, Michael Kumpfmüller, Tilman Spengler en Thomas Rosenlöcher.

Dit is egter nie die eerste keer wat Grass hom daadwerklik met die politiek bemoei nie. In 1960 was hy ook betrokke by die destydse (Wes)-Duitse kanselier, Willy Brandt, se verkiesingsveldtog. Volgens De Papieren Man was hy onder andere verantwoordelik vir vele toesprake wat hy vir die kanseliers-kandidaat moes skryf. Mmm, en dan is dié Nobel laureate natuurlik ook nog bekend vir sy ietwat aweregse sienings; soos die volgende aanhaling uit My century (1999:Faber & Faber) getuig: “Where man had been, in every place he left, garbage remained. Even in his pursuit of the ultimate truth and quest for his God, he produced garbage. By his garbage, which lay stratum upon stratum, he could always – one had only to dig – be known. For more long-lived than man is his refuse. Garbage alone lives after him.”

***

In Vers & klank, vanaand om 22:00 op RSG, lees Daniel Hugo gedigte voor van Barend Toerien, wat vroeër vandeesmaand oorlede is. Soos gebruiklik is Margot Luyt die programleier. (Gaan kyk gerus ook na Barend Toerien se gedigtekamer. Al die gedigte wat hy sedert 2007 geskryf en in Die Burger gepubliseer het, is daar geplaas.)

***

Dan is daar sommer baie nuwe leesmateriaal op die webblad; afgesien van die onderhoude, is daar byvoorbeeld nuwe blog-inskrywings deur Andries Bezuidenhout, Ilse van Staden, Johann Lodewyk Marais én Yves T’Sjoen. Laasgenoemde se stuk is ‘n kragtige beskouing oor Leo Vroman en Jan Lauwereyns, twee digters “op de brug tussen poëzie en wetenschap”, soos hy dit stel. Johann Lodewyk Marais se beskrywing van ‘n bepaalde eet-ervaring in ‘n besonderse restaurant in Nairobie is eweneens ‘n móét lees item.

As verdere toegif volg Barend Toerien se prettige “Vir die wis en die onwis” hieronder.

Mooi bly.

LE

Vir die wis en die onwis

 

Om te weet dat jy weet wat jy weet
en dat jy nie weet wat jy nie weet nie, dit
is om ware kennis te besit.
As jy nie weet wat jy nie weet nie
en weet wat jy wel weet
kan jy met volgehoue toewyding
altyd sterk geConfuus bly
met wat jy weet en wat jy nie weet nie
en so kennis te verkry;
maar as jy nie weet nie en nie weet
wat jy wel weet is jy ongefokus geConfuus
en sal met onvoldoende wete bly.

 

(c) Barend Toerien (Die Burger, 4 Feb 2008)  

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Vroman & Lauwereyns. Dichters op de brug tussen poëzie en wetenschap
Andries Bezuidenhout. Soos die wind waai – ook oor die Skeurvallei →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d