Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 September 200921 September 2009

“De Taal” as driepootpot

Driepoottaalbeleid
Driepoottaalbeleid

Dit wil voorkom asof die taaldebat in die Nederlandse taalgebied weer momentum verkry. Nie net het Jan Pollet in De Contrabas se tweeweeklikse Nuusbrief ‘n paar treffende opmerkings hieroor te make gehad nie, maar ook die volgende artikel wat in De Standaard verskyn het, handel direk daaroor. Onder die opskrif “Ammehoela, een vluchtmisdrijf” word naamlik berig dat Belgies Nederlands nou die status bereik het om as volmondige taalvariant naas Nederlands Nederlands en Surinaams Nederlands.

So het Prisma, die grootste uitgewer van woordeboeke in Nederland, pas 1,800 Belgies Nederlandse woorde in hul nuwe sakgrootte woordeboek opgeneem. “Tot nu toe gingen Nederlandse vertaalwoordenboeken vooral uit van de variant zoals die in Nederland algemeen gebruikt wordt. Daardoor waren zij niet altijd toereikend voor de Vlaamse gebruiker,” het ‘n woordvoerder van Prisma aan De Standaard se verslaggewer gesê. Later vanjaar word daar ook nog ‘n verklarende handwoordeboek in die vooruitsig gestel.

Prisma se keuse van woorde wat opgeneem word, is gebaseer op ‘n lys van ongeveer 4.000 Belgies Nederlandse woorde wat onder leiding van twee Vlaminge, prof. dr. Willy Martin (VU Amsterdam) en prof. dr. Willy Smedts (KU Leuven), saamgestel is. Prof. Martin se kommentaar was soos volg: “Het is natuurlijk niet de eerste keer dat verklarende of vertaalwoordenboeken Belgisch Nederlandse woorden opnemen en labelen. Het grote verschil is dat Prisma het nu op systematische wijze doet … Het Belgisch Nederlands heeft het stadium van volwassen variant van het Nederlands bereik”, het hy gesê, en bygevoeg: “Het natiolect staat naast het Nederlands Nederlands en het Surinaams Nederlands. Men accepteert stilaan dat die evenwaardig zijn. Onze taal is een driepoot.” Ruud Hendrickx, hoofdredakteur by Van Dale, het dié siening beaam en gesê dat hy inderdaad van mening is dat Nederlandssprekendes tans ryp is om ook die variante op ‘n gelykwaardige manier te beskryf en te erken. Volgens hom sal die volgende uitgawe Van Dale beslis ook die voorbeeld van Prisma-woordeboeke volg. (Gaan kyk gerus by die skakels hier en hier indien dié onderwerp jou interesseer.)

Wat egter vir my sardoniese oog besonder interessant was, was van die kommentare onder aan die De Standaard-berig: “Belgisch Nederlands’ is natuurlijk een monstervormpje. Het moet ‘Nederlands in Vlaanderen’ of ‘Vlaams Nederlands’ zijn,” het ene Marcel van Cleemput byvoorbeeld opgemerk.

Mmm, hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde, lyk dit my. Of wat praat ek alles?

***

Dan is ons verheug dat nog ‘n debuutdigbundel einde verlede week in die boekwinkels gearriveer het, naamlik Johannes Prins se bundel Een hart (Lapa Uitgewers). Lees gerus die onderhoud wat met Johannes gevoer is, en ook die inligtingstuk wat van die uitgewer af ontvang is. Nog heerlike leesstof wat gister op die webblad geplaas is, is die essay Eg(g)olalie van Breyten Breytenbach, asook ‘n onderhoud wat Andries Visagie met Ester Naomi Perquin gevoer het. (Indien jy nog nie prof. Louise Viljoen se toespraak tydens die bekendstelling van Breyten Breytenbach se nuwe bundel, Oorblyfsel/Voice over gelees het nie, moet jy gerus so maak; dit is ‘n absoluut skitterende werk.) En nog is het de einde niet – nie minder nie as drie bloggers het nuwe stukke geplaas gedurende die naweek nie, te wete: Andries Bezuidenhout, Philip de Vos en Desmond Painter. 

Sjoe, wat ‘n bedrywige naweek! Lekker lees aan alles. Vir jou eetplesier hierdie week plaas ons in navolging van die “driepoot-tema” die volgende resep vir ‘n beesstertpotjie; spesiaal geneem vanaf “Weg!” se webblad. Begin hom maar solank voorberei, want teen die tempo wat die tyd verbysnel, is dit weer naweek voor jy dit besef …

‘n Smaaklike week word jou toegewens en lees darem ook so nou en dan ietsie, hoor …

Mooi bly.

LE

BEESSTERTPOT

Ryk, vleiserig en lymerig. Dit neem lekker lank om te berei en gee jou die ideale geleentheid om agter te kom waaroor potjiekos eintlik gaan.

3 e kookolie
1 beesstert, in litte gesny
1 gekapte ui
2 fyngekapte knoffelhuisies
500 ml droë rooi wyn (onthou, as dit nie goed genoeg is om te drink nie, kook jy nie daarmee nie)
2 lourierblare
2 teelepels sout
1 e gedroogde roosmaryn
1 e gedroogde pietersielie
‘n paar draaie van die swart peperpot
6 middelslag-wortels, geskil
4 selderystingels met blare, in stukke gesny
3 bakhande vol vars of bevrore ertjies

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Onderhoud: Johannes Prins
Andries Bezuidenhout. Woord-akkoord by die Woordpoort →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d