Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 September 200930 September 2009

Die liedteks as deel van die poësieskat in Afrikaans

Hennie Aucamp

 

My dank aan Desmond Painter vir sy vriendelike inskatting van my werk, eers die kortverhale, en toe die kabaret. My dank bowenal vir sy opdragvers “Miss Jesus”. Dis ʼn eersteklas liedteks, en behoort dadelik by DALRO geregistreer te word, saam met die toonsetting, indien daar ʼn toonsetting was.

Die vergete liedtekste in ʼn kultuur is kommerwekkend. Soveel tekste, sowel as hul toonsettings, raak verlore in die wind. Pragtige toonsettings, van mense soos Nataniël, Ewald Cress, Waldo Malan en ander.

Danie Marais het by geleentheid ʼn bloemlesing liedtekste bepleit. Ek hoop sy owerhede steun hom in die saak. Die kern van so ʼn bloemlesing bestaan reeds. Dis saamgestel deur Rosa Keet wat Kabarette en liedtekste geskryf het, en ook hoogs singbare vertalings op haar naam het. Om die een of ander duister rede het haar samestelling nooit verskyn nie.

Rosa Keet se bundel sou die stempel op haar en Merwede van der Merwe se groot diens aan die liedteks geplaas het, by wyse van Musiek & Liriek – simposiums en hoogs gesofistikeerde televisiereekse.

Maar die Musiek & Liriek – beweging het ʼn lang geskiedenis agter hom. Daar is volksmusiek as oerherinnering, en toe het die hoogty van bladmusiek in Afrikaans gekom, dwarsdeur die veertigerjare. Daar was “Huisie in die berge” van Hendrik Susan, en die blywende musiek van Danie Bosman, Jan Pohl, Tommy Roering en ander.

En toe kom die Sestigers, en ná hulle die nooit volprose vennootskap Merwede van der Merwe en Rosa Keet, en nuwe name het begin sing, van Anton Goosen tot by Stephan Bouwer, Koos Kombuis, Nataniël, David Kramer en talle ander.

Danie – dis nou Danie Marais – hou tog ʼn plekke oop in jou beoogde bloemlesing vir “Miss Jesus” van Desmond Painter?

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Woordpoort begin vandag
Ronel Nel. om te klip – gedigte in steen →

4e gedagtes oor “Die liedteks as deel van die poësieskat in Afrikaans”

  1. Hennie Aucamp says:
    30 September 2009 at 10:17

    Aan Marlise:

    Baie dankie dat jy bereid is om my rekenaarvaardig te kry, Marlise, maar ek sal baie oor die saak moet nadink. Eerstens is dit gevaarlik om ‘n ou hond nuwe trieks te leer. Hy mag sy oues verleer en die nuwes nooit baasraak nie. Maar gestel ek kom die mas op, hoeveel vrye tyd gaan ek oorhê? Ek sien hoe baie van my vriende se lewens beheer en gefragmenteer word deur tegnologiese katoeters. Op my manier kry ek baie gedaan, sonder trane en sweet. Ek gee byvoorbeeld verlede week ‘n vollengte-toneelstuk by my tikster van jare in, en die volgende dag is dit klaar, pragtig professioneel.

    Die regte inhoude kom op die vreemdste wyse tog by my uit, en ek loop nie die gevaar om in ‘n oordaad feite te versink nie.

    Ek stuur twee kwatryne uit dankbaarheid vir jou geduld met my:

    “Fatima”

    Haar oë loer oor haar jasjmak,
    en is duidelik omlyn met swart;
    wag laer af daar ‘n glimlag
    wat oopgedoek wil tart?

    “Boesman – I.D.”

    Sy handdruk teen ‘n rotswand
    wou nooit ‘n grot versier;
    bevestig bloot, en oor en oor:
    eenmaal was ek lyflik hier.

    Hennie.

    Reply
  2. Hennie Aucamp says:
    30 September 2009 at 10:03

    Baie dankie aan Bernard en Marlise vir julle positiewe insette.

    Aan Bernard:

    Die alte vroeg gestorwe dr. Arnold Blumer het ‘n dinamiese bydrae tot kabaret- en liedtekste in Afrikaans gemaak, veral by wyse van vertalings; van Brecht bowenal – hy het die volledige “Dreigroschen Oper” in Afrikaans vertaal – ook tekste van Kästner, talle met die oog op die uitvoering daarvan. Later het hy die Liedermacher waarvan jy skryf, aan ons bekendgestel; bowenal Wolf Biermann se “gesprek” met die boegbeeld Francois Villon, verteenwoordig ‘n hoogtepunt in die liedteksrepertorium, naamlik “Ballade op de dichter Francois Villon”.

    Maar Blumer het kruisbestuiwing van liedtekste in Afrikaans na ‘n nuwe vlak verskuif. Hy het byvoorbeeld “Sonvanger” van Valiant Swart in Duits vertaal, en Swart, baie dapper, het “Sonvanger” in Duits gesing op Arnold se begrafnis; baie ontroerend.

    En nou word Laurika Rauch se liedere en liedjies in Frans gesing; my ortopeed se vrou het dit eergister vir my gespeel. Kan jy vir “Versindaba” inligting deurstuur, asseblief, Bernard? Al inligting wat ek het, is dat Naomi Morgan vanuit Afrikaans na Frans vertaal het, en dat die liedere waarskynlik deur ‘n Afrika-sangeres gesing word. Die CD heet “Afri-Frans”, en is uitgegee deur Odyssea Records (ODY 020).

    Bloemfontein word volgens my dié sentrum vir liedteksnavorsing. Wat van ‘n liedteksbundel met vertalings en bladmusiek? My uitgangspunt was nog altyd dat daar geen daadwerklike groei kan wees as ‘n produk nie voortdurend met die beste van elders vergelyk word nie.

    En ten slotte, baie dankie vir jou vriendelike woorde oor my werk.

    Reply
  3. Marlise says:
    30 September 2009 at 07:06

    Bernard, ek hoop dat Hennie hierdie kommentaar van jou iewers te lese kan kry of dat sy vriende hom daarvan sal vertel. Want Hennie het geen rekenaar nie. Bg brief het ons via slakkepos ontvang, handgeskrewe, wat op sigself hartverwarmend is dat hy graag aan gesprekke wil deelneem. Iemand het Desmond se blog vir hom uitgedruk en geneem. Miskien moet ons geld insamel & vir Hennie ‘n rekenaar koop? En ek sal hom met graagte wil opleiding gee hoe om die Versindaba webblad op te soek & kommentare te lewer. En Hennie: as jy dalk hier lees, baie dankie vir jou mooi poskaart ‘n paar maande terug. Groete.

    Reply
  4. Bernard Odendaal says:
    30 September 2009 at 06:49

    Beste Hennie,
    ek wil my stem graag voeg by jou (en Danie Marais en Rosa Keet se) oproep dat ons liedkunsskat net so nougeset bewaar en lewend gehou moet word as, byvoorbeeld, ons digkuns. Jy het eenkeer in ‘n opstel uitgewys dat tekste juis geredeliker tot die ‘kollektiewe herinnering’ geraak wanneer hulle getoonset word. So ‘n lewende groepsgeheue maak die lede daarvan weerbaarder; dit dra by tot die eie waardigheidsbesef. In die afgelope 18 maande of so had ek die voorreg om navorsing te doen oor die sogenaamde ‘Liedermacher’ in Duitsland, wat as (taamlik losse) groepering liedmakers aktief was vanaf net na die Tweede Wereldoorlog tot kort voor die val van die Berlynse Muur. Een van hul sterkste ideale, en wat eintlik hoofsaaklik onuitgespreek gebly het, was om die waardigheid van die Duitse volkskultuurerfenis in die oe van die Duitsers self te help herstel (na die selektiewe appropriasie en misbruik daarvan deur die Nazi’s). Een van die wyses waarop hulle dit gedoen het, was om die grootliks vergete skat aan ‘rewolusioner-demokraties’ gesinde liedere uit die verlede (byvoorbeeld rondom die 1848-rowolusie) op te diep en weer uit te voer by musiekfeeste en ander ‘happenings’. ‘n Ander wyse was om self liedere van gehalte te skep en so ‘n teenvoeter te bied vir die jongmense van na die oorlog se geneigdheid om alles uit die Engelstalige wereld te wil aanhang.
    Ek het nou sommer ook die geleentheid om my waardering en bewondering vir jou bydrae tot die Afrikaanse kabaret- en liedkuns uit te spreek. As ek by mense wil tuisbring wat al in terme van liedkuns in Afrikaans presteer is, is daar maar altyd Hennie Aucamp-skeppings onder die bewysmateriaal wat ek aanvoer.
    Hartlike groete – en goeie gesondheid toegewens.
    Bernard Odendaal

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d