Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 September 200924 September 2009

Woordpoort begin vandag

Woordpoort
Woordpoort

Van vandag tot Sondag vind die eerste Afrikaanse woordkunsfees in Gauteng plaas. Volgens Linette van der Merwe, hoofdirekteur van Woordpoort, het Afrikaanse kunstefeeste soos Woordfees (Stellenbosch), KKNK (Oudtshoorn), Volksblad (Bloemfontein) en Aardklop (Potchefstroom) die afgelope vyftien jaar getoon dat daar ‘n enorme behoefte aan uitvoerende en skeppende vermaak onder Afrikaanssprekendes bestaan. Uiteraard is al hierdie kunstefeeste streeksgebonde en is dit haas ondenkbaar dat Gauteng met sy 1,2 miljoen Afrikaanssprekendes nie oor ‘n eie Afrikaanse fees beskik nie. Derhalwe het die FAK onderneem om elke jaar van 24 – 27 September ‘n fees genaamd Woordpoort by die Universiteit van Pretoria aan te bied.

“‘n Mens (kan) slegs die hoop uitspreek dat, in die lig van die feit dat die Afrikaanssprekende besig is om sy selfvertroue m.b.t. Afrikaans-wees te herwin, ‘n woordkunsfees, in die hoedanigheid van Woordpoort, die behoefte aan kreatiewe energie kan bevredig en dat dit ook direk ‘n uitvloeisel kan wees van die konkretisering van die herdefiniëring van die Afrikaanssprekende binne ‘n multikulturele samelewing,” het Linette van der Merwe ter afsluiting van haar voorwoord gesê.

Die program kan hier gevind word. En, indien ‘n mens daardeur sif, kan jy nie anders as om beïndruk te wees nie … Die verskeidenheid (en gehalte) is omtrent oorweldigend. Boonop figureer die digkuns in al sy vele vorms darem ook prominent. ‘n Besliste hoogtepunt is waarskynlik die uitvoering van die Afrikaanse kunsliedere Saterdag (om 12:00) en Sondag (om 14:00) in die Musaion. Gedigte is spesiaal geskryf vir hierdie produksie deur Daniel Hugo, Hennie Aucamp, Hennie van Coller en Carina Stander en is getoonset deur Suid-Afrika se leidende komponiste, waaronder Alexander Johnson, Niel van der Watt, Hendrik Hofmeyr en Martin Watt. Hanli Stapela (sopraan), Renette Bouwer (sopraan), Deirdré Blignaut (sopraan), Chris Mostert (tenoor) en Christopher Vale (bariton) is verantwoordelik vir die uitvoering van die liedere.

Inderdaad ‘n geleentheid wat nié misgeloop moet word nie; voorspoed aan al die deelnemers, of soos ons in die Kaap sal sê: Maak’it aan!

***

Intussen is daar vier nuwe blogs sedert gisteroggend geplaas: Andries Bezuidenhout en Ronel Nel vertel van twee interessante produksies op Woordpoort en Aardklop onderskeidelik, terwyl Desmond Painter oor Philip Roth se kanse as potensiële Nobelprys-wenner bespiegel. Charl-Pierre Naudé het dit weer oor die hermetiese digkuns wat hy met gedigte (plus vertalings!) van Alfred Schaffer toelig. Dié verse het deel gevorm van Alfred se optrede tydens die pasafgelope Roots Kultuurfees. (Gaan lees gerus ook weer die onderhoud wat enkele maande gelede met Alfred gevoer is en onder andere tot ‘n hewige debat oor vertaling en vertaalde tekste aanleiding gegee het.)

En dan is dit boonop Erfenisdag vandag; daarom, raak betrokke, neem deel en klap hande … Dis jakarandatyd!

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Die Nobelprys vir Philip Roth?
Die liedteks as deel van die poësieskat in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d